Huisgenoot

SESJARIGE SLAAP NOG BY SY MA

-

My kleinseun is nou ses jaar oud en hy gaan volgende jaar laerskool toe.

Ek en my seun (die kind se pa) is egter baie bekommerd oor die ma se optrede.

Sy werk nie en laat hom toe om saam met haar wakker te bly tot sy snags elfuur gaan slaap.

Opstaantyd vir hulle albei is soggens negeuur.

Die kind slaap by haar, terwyl my seun al jare in die spaarkamer slaap.

Sy voel dit sal beter werk as hulle ’n groter bed koop en hulle al drie dan die bed kan deel.

Volgens haar vrees sy as haar kind in ’n ander kamer slaap, sal sy nie hoor wanneer hy haar in die nag dalk nodig het nie.

My seun oorweeg dit nou om te skei, want hy voel sy vrou is “eerder met hul seun getroud”.

Hoe kan ons haar benader? Sy maak verskoning­s en gaan aan die skree wanneer my seun met haar daaroor probeer praat.

Daar is ’n strik waarin baie ouers trap met die geboorte van hul kinders: Dit word baie gou ’n ons-en-jy-situasie. Die ma en kinders teen die pa wat alleen staan.

Dit is wanfunksio­neel en is beslis hier aan die gang.

Kenners maan ook dat ouers van dag een af babas glad nie moet toelaat om in hul bed te slaap nie.

Die volgende is wat daaromtren­t gedoen kan word:

■ Kry die kind so gou moontlik in sy eie kamer. Hy moet elke aand in sy eie bed gesit word en een van die ouers moet in die kamer bly tot hy slaap.

Sou hy in die nag by hulle wou inkruip, moet hy teruggenee­m word na sy bed toe, al is dit 10 keer per nag.

Hy sal heel waarskynli­k aan die begin snags angstig raak, maar die ouers sal maar net moet deurdruk.

■ Skep die regte slaaproeti­ne deur elke aand op dieselfde tyd te eet, te bad en rustig te ontspan voor slaaptyd.

Slaaptyd is seweuur vir drietot vyfjariges, agtuur vir sestot 12-jariges en tienuur vir tieners.

■ Die kind se kamer moet netjies en slaapvrien­delik wees. Hy moet ook leer dat dit ’n veilige plek is om te speel, te leer en te rus.

Deur haar kind soos ’n klein grootmensi­e te hanteer wat by haar roetine inval veroorsaak die mamma die teenoorges­telde van wat sy dink.

Haar kind bly afhanklik – hy ontwikkel nie stelselmat­ig om sekere onafhankli­kheidsmylp­ale te bereik nie.

Ek voorsien probleme wanneer hierdie kind oor ’n paar maande skool toe gaan.

Die onderwyser gaan ’n kind in haar klas hê wat geïrriteer­d gaan wees van min slaap en sekere take nie sonder hulp sal kan verrig nie.

Ouerskapsl­ypskole sal ’n groot bate wees en die ouers kan gerus ook huweliksbe­rading oorweeg om hul verhouding weer op koers te kry.

’SOU DIE KIND IN DIE NAG BY HULLE WOU INKRUIP, MOET HY TERUGGENEE­M WORD NA SY BED TOE, AL IS DIT 10 KEER PER NAG’ – IRMA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa