Huisgenoot

ARANCINI MET HOENDER, CHEDDAR EN STYWEPAP

-

LEWER 18-20 BOLLETJIES / BEREIDING: 30 MIN. VERKOEL: 1 UUR 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

Ons gee arancini ’n Suid-Afrikaanse kinkel deur mieliepap pleks van risottorys te gebruik. Jy kan ook oorskietst­ywepap en gaar oorskietho­ender vir dié resep gebruik. Die pap-arancini is heerlik bros en die ideale sakpas knibbelkos!

4 x 250 ml (4 k) water

2,5 ml (½ t) sout 15 ml (1 e) hoenderspe­serye

5 ml (1 t) droë tiemie 2,5 ml (½ t) brandrissi­evlokkies 2 hoenderbor­sfilette

250 ml (1 k) mieliemeel

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaa­s

60 ml (¼ k) gekapte vars pietersiel­ie 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r sout en varsgemaal­de peper

ARANCINI

1 eier

60 ml (¼ k) melk 125 ml (½ k) meel 500 ml (2 k) growwe broodkrumm­els olie, vir diepbraai

1 Bring die water in ’n middelslag­kastrol tot kookpunt. Voeg die sout, hoenderspe­serye, tiemie en brandrissi­evlokkies by. Sit die hoenderbor­sfilette in die kastrol, verlaag die hitte en laat prut 10-15 min. of tot die hoender gaar is. 2 Haal die hoender uit die vloeistof en hou eenkant.

3 Bring die vloeistof weer tot kookpunt en voeg die mieliemeel by. Klits aanhoudend tot glad.

4 Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut 15 min. of tot die pap gaar is – voeg nog ’n bietjie water by indien die pap te vinnig droogkook. Roer af en toe om te keer dat die pap vasbrand of klonte vorm. 5 Haal die pap van die hitte af. Rafel die hoender en roer deur die pap. Voeg die kaas, pietersiel­ie en knoffel by. Geur met nog sout en peper, na smaak. 6 Skep die pap in ’n plat bak en laat 30 min. afkoel. Roer deur en laat nog 30 min. in die yskas afkoel of tot die pap koud en gestol is.

7 Arancini Rol die koue pap in okkerneutg­root bolletjies en pak op ’n bord. 8 Klits die eier en melk saam in ’n bakkie. Rol elke bolletjie in die meel, doop in die eiermengse­l en rol in die krummels. Doop weer in die eiermengse­l en rol weer in die krummels. Maak seker die bolletjies is goed bedek met die krummels.

9 Pak die arancini in ’n enkellaag op ’n bord en verkoel weer 30 min. in die yskas.

10 Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die bolletjies in sarsies tot goudbruin, bros en deurwarm. Dreineer op kombuispap­ier en herhaal met die res. Sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa