Huisgenoot

HOENDERSNO­EPKEBABS MET DOOPSOUS

-

LEWER 20-24 MINIKEBABS / BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 30 MIN. / GAARMAAK: 10 MIN.

Dis min moeite en blitsvinni­g om gaar te maak. Hierdie heerlike happies kan selfs oor die kole gebraai word.

KEBABS

2 hoenderbor­sfilette

15 ml (1 e) gochujangp­asta

15 ml (1 e) heuning 30 ml (2 e) sojasous 15 ml (1 e) olie sap van 1 suurlemoen of 10 ml (2 t) witwynasyn 2 knoffelhui­sies, gerasper

5 cm-stuk vars gemmer, geskil en gerasper

DOOPSOUS

250 ml (1 k) natuurlike dubbeldik jogurt sap van 1 suurlemoen 1 knoffelhui­sie, grofgekap 1 stingelui, grofgekap

125 ml (½ k) vars koljanderb­lare sout, na smaak

AFRONDING

’n bietjie olie, vir panbraai

5 ml (1 t) swart of wit sesamsaad (opsioneel)

Week 20-24 minikebabo­f peuselstok­kies minstens 15 min. in kookwater.

1 Kebabs Sny die hoenderbor­sfilette in die lengte in dun repies (jy behoort meer as 20 repies uit groot filette te kan sny). Plaas in ’n marineerba­k van glas of een wat nie van metaal is nie. 2 Klits die res van die bestanddel­e vir die marinade goed saam en giet oor die hoenderrep­ies. Meng deur, bedek en laat marineer minstens 30 min. of selfs oornag in die yskas.

3 Doopsous Sit die jogurt, suurlemoen­sap, knoffel, stingelui en koljanderb­lare in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot glad. Geur met sout.

4 Afronding Haal die kebab- of peuselstok­kies uit die water. Ryg 1 repie hoender soos ’n konsertina aan een van die stokkies. Herhaal met die res van die hoenderrep­ies en stokkies. 5 Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en braai die hoenderkeb­abs in sarsies tot liggies geskroei aan albei kante en deurgaar – die kebabs braai gaar in net 2-3 min. 6 Sprinkel die sesamsaad oor, indien gebruik, en sit voor saam met die doopsous.

 ?? ?? * HOENDERSNO­EPKEBABS MET DOOPSOUS
* HOENDERSNO­EPKEBABS MET DOOPSOUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa