Huisgenoot

HOENDERBRI­JANI

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR

weergawe braai ons sommer in ’n oondbak. Ons gee dit woema met botterskor­sie en lensies. Jy kan ook kekerertji­es of ander boontjies deur die rys roer.

½ hoender sout en varsgemaal­de swartpeper 15 ml (1 e) geroosterd­e masala

5 ml (1 t) brandrissi­evlokkies (opsioneel) 500 g botterskor­sieblokkie­s

30 ml (2 e) olyfolie

RYS

4 x 250 ml (2 k) water 250 ml (1 k) halfgaar (parboiled) rys

5 ml (1 t) borrie 1 kaneelstok­kie 2,5 ml (½ t) sout

AFRONDING

410 g-blik lensies, afgespoel en gedreineer

15 ml (1 e) botter sout, na smaak vars koljanderb­lare

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n diep oondbak goed met kossproei.

1 Knip die hoender in 8 kleiner porsies. Geur elke porsie met die sout en peper, masala en brandrissi­evlokkies, indien gebruik. 2 Versprei die botterskor­sie in die oondbak en geur met die sout. Pak die hoender tussen die botterskor­sie en drup die olie oor. Rooster 15 min. 3 Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en rooster nog 30 min. of tot die hoender goudbruin en gaar en die botterskor­sie sag is. 4 Rys Giet intussen die water in ’n kastrol en voeg die rys, borrie, kaneelstok­kie en sout by. Meng en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 15 min. of tot die rys gaar is. Dreineer en hou eenkant.

5 Afronding Haal die oondbak uit die oond, skep die hoender uit en hou eenkant. Skep die rys bo-op die botterskor­sie en voeg die lensies by. Voeg die botter by en meng alles liggies in die oondbak. Geur met sout, indien nodig. 6 Pak die hoender bo-op die rysmengsel en bak nog 10 min. Rond af met vars koljanderb­lare en sit voor.

 ?? ?? * HOENDERBRI­JANI
* HOENDERBRI­JANI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa