Huisgenoot

LIGTE HOENDERPAS­TEI

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

Dié heerlike hoenderpas­tei maak ons met filodeeg wat ligter is en geur dit met suurlemoen­skil.

½ hoender sout en varsgemaal­de swartpeper 15 ml (1 e) olyfolie

VULSEL

30 ml (2 e) olyfolie 2 repe spek, gekap (opsioneel)

1 rooi-ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap

5 ml (1 t) droë tiemie 6 murgpampoe­ntjies, gerasper

30 ml (2 e) meel 125 ml (½ k) melk 125 ml (½ k) room gerasperde skil van 1 suurlemoen

’n hand vol pietersiel­ie, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper

PASTEI

250 g filodeeg 60 ml (¼ k) gesmelte botter

VIR VOORSIT

’n hand vol roketblare suurlemoen­wiggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2 bakplate goed met kossproei.

1 Geur die hoender reg rondom met die sout en peper en vryf met die olie in. Rooster 15 min. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en rooster nog 30 min. of tot die hoender gaar is. Verwyder uit die oond en hou eenkant om af te koel.

2 Vulsel Verhit die olie in ’n diep braaipan en braai die spek, indien gebruik, tot bros. Voeg die ui, knoffel en tiemie by en roerbraai tot sag. Voeg die murgpampoe­ntjies by en roerbraai nog 1 min. 3 Sprinkel die meel oor en roer deur. Giet die melk by en meng goed. Giet die room by, roer deur en laat oor lae hitte prut tot die mengsel verdik. 4 Verwyder die vleis van die bene en vlok rofweg. Voeg die hoender by die res van die vulsel en meng goed deur. 5 Voeg die suurlemoen­skil en pietersiel­ie by, en geur met die sout en peper. Skep uit en hou eenkant.

6 Pastei Verf een vel van die filo met botter, stapel nog ’n vel bo-op en verf weer met botter. Herhaal met die res van die filodeeg en botter. 7 Sit die stapel deeg op die ander bakHierdie plaat. Skep die vulsel in die middel en versprei oor die deeg. Frommel die kante van die deeg wat oor die bakplaat hang liggies om die kante van die vulsel.

8 Bak die pastei 15-20 min. of tot die deeg goudbruin en bros is. 9 Vir voorsit Sprinkel

die roketblare oor die pastei, sny in porsies en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

 ?? ?? * LIGTE HOENDERPAS­TEI
* LIGTE HOENDERPAS­TEI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa