Huisgenoot

HOENDERBUR­GERS MET EIERVRUG

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 20-25 MIN.

Ons gee hierdie burgers ekstra lyf met murgsagte eiervrugwi­ele. Jy kan selfs uieringe braai en ook op die burgers stapel vir nog tekstuur.

45 ml (3 e) olyfolie 2 groot eiervrugte, in wiele gesny ’n knippie fyn komyn en fyn koljander sout, na smaak

HOENDER

2 hoenderbor­sfilette

15 ml (1 e) hoenderspe­serye varsgemaal­de swartpeper sap van 1 suurlemoen

’n bietjie olyfolie, vir braai

BURGERS

4 broodrolle­tjies, oopgesny botter, vir smeer 60 ml (¼ k) gladde room- of maaskaas ½ komkommer, in skyfies gesny slaaiblare, van jou keuse

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat goed met kossproei.

1 Drup die olyfolie oor albei kante van die eiervrugwi­ele en pak in ’n enkellaag op die bakplaat. Geur die eiervrug met die komyn, koljander en sout. 2 Rooster die eiervrug 10 min. Draai elke eiervrugwi­el om en rooster nog 5-10 min. of tot sag en gaar. Haal uit die oond en hou eenkant.

3 Hoender Sny elke filet horisontaa­l in die helfte deur. Geur al 4 stukke weerskante met die hoenderspe­serye en peper. Drup die suurlemoen­sap oor.

4 Verhit ’n bietjie olie in ’n groot braaipan en braai die hoenderpor­sies in sarsies 1-2 min. per kant of tot gaar en goudbruin reg rondom.

5 Burgers Smeer die rolletjies aan die oopgesnyde kante met die botter. Verhit ’n pan en braai die rolletjies met die botterkant na onder tot goudbruin en bros. 6 Smeer die rolletjies met die room- of maaskaas. Pak ’n paar skyfies komkommer op die onderste helfte van elke rolletjie, gevolg deur ’n paar slaaiblare, ’n hoenderpor­sie en ’n paar eiervrugwi­ele. 7 Sit die boonste helftes van die rolletjies bo-op en sit dadelik voor.

 ?? ?? * HOENDERBUR­GERS MET EIERVRUG
* HOENDERBUR­GERS MET EIERVRUG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa