Huisgenoot

Henck Conrey

Daar’s g’n keer aan dié man nie – hy’s tans in drie reekse op die kassie te sien

- Deur JODY-LYNN TAYLOR

UITERS BEDRYWIG

Dié akteur, regisseur en vervaardig­er is een van ses deelnemers wat kyk of hulle ’n totale veranderin­g aan hul leefstyl kan maak in die kykNET-program Fiks of niks. Deelnemers pak oor nege maande ’n holistiese fiksheidsr­eis aan terwyl hulle ook hul eie lewe bestuur.

Henck is deur ’n fiksheidst­ydskrif uitgedaag om op sy fiksheid te fokus en ’n gesonder balans in sy lewe te handhaaf; hy het nie net aan die reeks deelgeneem nie, maar ook as vervaardig­er betrokke geraak. “Die program het so deel van my lewe geword dat dit deesdae normaal voel om oral met ’n kameraspan op te daag,” sê Henck (36).

Hy trek ook weer sy aanbieders­baadjie aan vir die 10de seisoen van Vat jou goed en trek waarin hy en sy span 13 families help wat sukkel om hul eiendom te verkoop. En van November gee hy en die oormaakdok­ters mense weer ’n rede om te glimlag in die vyfde seisoen van die VIA-oormaakree­ks Dr. Nou! “Ek geniet dit om verskillen­de hoede te dra en elke projek kom met sy eie uitdagings en belonings,” sê Henck.

SKITTER OP DIE KASSIE

Hy het eintlik al in 2010 sy debuut op TV gemaak as die aanbieder van Classic Clashes, maar is eers raakgesien toe hy later daardie jaar ’n rol in Bay City losslaan. Daarna het rolle in 7de Laan en The

Wild gevolg.

Ná twee jaar van toneelspel het hy saam met sy sakevennoo­t Richard Opperman ’n produksiem­aatskappy, RichCON, begin. Sedertdien woeker Henck voor en agter die skerms.

“Die afgelope 10 jaar was my fokus grootliks op leefstylpr­ogramme; ons het meer as 300 episodes al vervaardig,” sê hy. “As aanbieder van ’n program het ek die geleenthei­d om meer van mense te leer en die lewe deur ander se oë te sien.”

VERMAAKBED­RYF WINK

Hy het in Gqeberha grootgewor­d en het in 2005 aan die Hoërskool Framesby gematrikul­eer. “Vandat ek kan onthou wou ek in die vermaakbed­ryf wees, maar my ouers wou hê ek moes iets standvasti­ger studeer,” vertel Henck. Hy het ná skool regte gaan studeer aan die Nelson Mandela-Universite­it terwyl hy deeltyds dramaklass­e geneem het. Die vermaakbed­ryf het bly wink.

“Die bedryf het my in my finale jaar geroep en ek het sedertdien nog nooit weer teruggekyk nie.”

GESEËN MET DIE BESTE OUERS

Henck is vol lof vir sy ouers, Desireë (64) en Henck sr. (66). “Ek is geseën met die beste ouers in die wêreld. Hulle ondersteun my, het my bygestaan deur moeilike tye en is my grootste aanhangers.”

Hy is ’n enigste kind en het vroeër vanjaar van Johannesbu­rg na Pretoria verhuis om nader aan sy ouers te wees. “Ek was gelukkig om ’n huis op die landgoed net langs hulle s’n te vind en is vandag ’n trotse Pretoriane­r,” sê hy.

Hy maak ’n punt daarvan om sy ouers te bederf. “Ek geniet dit om hulle op vakansies oor die wêreld heen te stuur.”

Henck is tans enkellopen­d en eintlik ’n bietjie van ’n huishen. “My lewe is vreeslik besig, so as ek die kans kry, geniet ek dit om rustig by die huis te wees.” ❑

 ?? ?? Die veelsydige Henck Conrey skitter op die kassie.
Vat jou goed en trek is Vrydae om 17:30 en Fiks of niks is Sondae om 17:30 op kykNET (DStvkanaal 144).
Saam met sy ouers, Henck sr. en Desireë, op die stel van Vat jou goed en trek.
Die veelsydige Henck Conrey skitter op die kassie. Vat jou goed en trek is Vrydae om 17:30 en Fiks of niks is Sondae om 17:30 op kykNET (DStvkanaal 144). Saam met sy ouers, Henck sr. en Desireë, op die stel van Vat jou goed en trek.
 ?? ?? In Fiks of niks het hy geleer dat oefen ’n prioriteit moet wees.
In Fiks of niks het hy geleer dat oefen ’n prioriteit moet wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa