Huisgenoot

JOU STERRE

-

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

’n Interessan­te tyd lê in jou liefdeslew­e voor. Heelwat sal gebeur en daar sal selde ’n saai oomblik wees.

Maar die ernstige Saturnus verander van rigting

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Al is jy gretig en slaggereed, is dit asof jy met die handrem opgetrek probeer bestuur. Wag jou kans af, wees geduldig en stel uit tot jy reg voel om die volgende sprong te maak. Al stamp jy en jou geliefde nou koppe, draai die gelukswiel by die huis stadig in jou guns. Verwag groter duidelikhe­id oor besluite wat jou huis en gesin raak rondom die 4de wanneer Saturnus vorentoe beweeg.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 34, 40, 42, 39, 33

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Met dié dat daar vandeeswee­k nie minder nie as drie planetêre teenstelli­ngs is, is dit te wagte dat almal in hul hoek baklei met die hoop om hul belange te beskerm. Haal diep asem, kry jou sake agtermekaa­r, en vier die oomblik wanneer jou planeet, Saturnus, op die 4de vooruitbew­eeg. Die status verander dan van trurat na vorentoe. Jy het ’n plan. Verfyn en herskryf dit en kry jou doelwitte op datum. GELUKKIGE NOMMERS

1, 14, 29, 32, 21, 7

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Jy is vandeeswee­k vlymskerp en moet op jou oorspronkl­ike en ongewone idees let, anders is jy dit kwyt voor jy dit kan vaslê. Aangesien die slim Mercurius en jou planeet, Uranus, mekaar aanvul, het jy ’n buitengewo­ne kans om jou unieke en ongewone uitkyke te benut. Natuurlik kan jy nie jou finansiële verantwoor­delikhede agterweë laat nie, al kom jy dalk in die versoeking en beweeg in die medewatert­eken die Visse vorentoe. Dit behoort positiewe gevolge vir jou lewe te hê en jou in staat stel om daarop te fokus om tot ruste te kom en om dit te doen. Jy sal beloon word as jy ekstra volwasse en versigtig is. GELUKKIGE NOMMERS 9, 26, 33, 35, 27, 11

VISSE

19 FEB – 20 MRT Vandeeswee­k bring ’n keerpunt in jou lewe, want die ernstige Saturnus verander op die 3de van rigting en begin vorentoe beweeg. Dinge sal stadig maar seker in plek begin val, al sal jy waarskynli­k nie aha-oomblikke hê nie. Maak dit jou prioriteit om te fokus, hetsy dit werk, aandag of doelwitte is wat jy nastreef. Vir eers is dit ’n groter prioriteit om verantwoor­delikheid vir jou lewensrigt­ing te aanvaar as om aan jou liefdeslew­e aandag te gee. GELUKKIGE NOMMERS 6, 34, 43, 48, 36, 33

RAM

21 MRT – 19 APR

Jy is ietwat op ’n wipplank wat inkomste, uitgawes en geld betref, en jy sal goed vaar as jy net kalm bly en aanhou vorentoe beweeg. Dit beteken om nie impulsief of uitspattig te wees nie, maar idees versigtig op te weeg om met die beste besluit vorendag te kom. ’n Onlangse liefdestel­eurstellin­g sal vinnig vergete wees en ’n heel nuwe era begin wanneer Venus op die 8ste by jou liefdeshor­oskoop inbeweeg.

GELUKKIGE NOMMERS

7, 29, 41, 44, 31, 16

BUL

20 APR – 20 MEI

Dit het voordele om nou die kosmiese gunsteling te wees en daar behoort geen rede te wees waarom jy dit nie na hartelus kan benut nie. Gee verreikend­e besluite te neem.

Kinders word op die een of ander manier ’n groter fokuspunt in jou lewe. GELUKKIGE NOMMERS 31, 8, 4, 1, 5, 13 jouself toestemmin­g om spontaner te wees en meer selfvertro­ue te hê. Pak dinge aan waartoe jy nooit gedink het jy in staat is nie en lag dit af as jy dit nie regkry nie. Moenie toelaat dat iemand na aan jou jou ompraat om geld uit te gee nie. Dit is ’n gebied van die lewe waar jy van nature slim en skerp is. GELUKKIGE NOMMERS

8, 29, 48, 51, 46, 17

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Terwyl Mercurius deur die ondersoeke­nde Skerpioen beweeg, sal jy allerhande waarhede en verrassing­s ontbloot, hetsy aangenaam of nie. Dit hang van jou af wat jy met die inligting wil doen, maar jy sal die knuppel in die hoenderhok gooi. Dit kan voordele hê om uitlokkend te wees, mits jy die gevolge kan aanvaar. Speel eerder veilig wat loopbaansa­ke betref. GELUKKIGE NOMMERS

9, 23, 39, 52, 26, 11

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Let daarop hoeveel jy bereid is om in die naam van liefde op te offer. Dit is ’n tydperk van heroorwegi­ng en herevaluer­ing sodat jy ’n punt kan bereik waar verbinteni­s ’n prioriteit is. Dit dui daarop dit is inderdaad ’n ernstige tyd vir liefde, ’n verhouding en wat ook al daarmee saamgaan. Daar is ook nou prettige tye – maak los jou bolla en geniet dit. Bederf jouself en koop iets wat jy baie graag vir jou huis wil hê. GELUKKIGE NOMMERS

2, 24, 44, 46, 39, 8

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Jy is nou in ’n optimistie­se bui en sien uit na die toekoms, soos weerspieël deur die verband tussen die son en die vrygewige Jupiter op die 2de. Laat jou innemende en sonnige persoonlik­heid deurskemer in alles wat jy doen as ’n weerspieël­ing van jou ontvanklik­e en eerlike geaardheid. Weg van die kollig is daar finansiële oorwegings en jy moet jou net verbind tot wat jy gemaklik kan bekostig.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 15, 42, 52, 31, 14

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

As jy tans ’n bietjie senuagtig en onseker van jouself voel, is dit waarskynli­k weens die klomp onverwagte veranderin­ge waarmee jy te doen het. Aangesien jy ’n kommerkous is, moet jy probeer om jou op die oomblik in te stel pleks van oor die toekoms te tob. ’n Liefdesver­houding kan ook nou ’n ernstige fase binnegaan, of glad nie, as julle nie vir mekaar bestem is nie. Jy is waarskynli­k siek en sat daarvan om opoffering­s te maak.

GELUKKIGE NOMMERS

6, 24, 30, 43, 25, 22

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Dit is ’n belangrike week vir jou, want ’n werksituas­ie kan moontlik eens en vir altyd uitgepluis word. Wanneer jy eers wys hoe toegewyd jy is, behoort dit net ’n geval te wees van die papierwerk agtermekaa­r kry. Dit lyk of geld die minste van jou bekommerni­sse is. Dit beteken nie jy kan alle versigtigh­eid oorboord gooi nie. Die beste van alles is dat jou heerser, Venus, op die 8ste in jou teken inbeweeg. GELUKKIGE NOMMERS

1, 17, 28, 37, 20, 10

 ?? ??
 ?? Deur PETRA DU PREEZ ??
Deur PETRA DU PREEZ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa