Huisgenoot

DIE TWEEDE SEISOEN IS HIER

‘Maar dans, dans is uniek, want elke liewe mens op aarde kan dit doen. Dit maak nie saak hoe jou lyf lyk nie’

-

wonde toe hy hoor wat die vraag is.

“Ek is in ’n dansatelje­e,” sê hy en wys na die groot vertrek met baie spieëls.

“Het julle geweet dans is ’n baie belangrike manier van kommunikas­ie?” vra Ben.

Paloeka, Palawa en Bibi skud hul kop.

“Ja. Deur te dans, kommunikee­r of praat ons met mekaar sonder om woorde te gebruik. Dis reg, pleks van woorde en klanke, gebruik ons bewegings en gebare. En dít kan help dat mense wat verskillen­de tale praat, mekaar se stories op ’n ander manier kan verstaan,” sê Ben.

“Maar waar het dans begin?” vra Bibi.

“Dans het duisende jare gelede begin en word gesien as een van die oudste vorms van emosionele uitdrukkin­g. Emosionele uitdrukkin­g is wanneer ons iets in ons hart voel en dit vir ander mense wil wys.

“Ander maniere van emosionele uitdrukkin­g is goed soos skilderkun­s, musiek en skryfkuns.

“Maar dans, dans is uniek, want elke liewe mens op aarde kan dit doen. Dit maak nie saak hoe jou lyf lyk nie,” sê Ben. “Almal kan uitdrukkin­g aan ons emosies gee deur te dans en te beweeg. Selfs al is dit net met jou kop. Dit is ook hoekom dans al so lank bestaan,” sê hy.

“So, Ben? Hoekom doen ons dit?” vra Palawa en gee nog ’n draai. “Hoekom draai en swaai en spring en huppel ons so graag?”

“Verskillen­de mense en kulture oor die wêreld heen het verskillen­de redes hoekom dans vir hulle belangrik is. Sommige mense gebruik dans vir aanbidding en lofsang. Party gemeenskap­pe gebruik dit om ou stories aan nuwe generasies oor te dra.

“Maar die bekendste vorm van dans is die danse wat ons in konserte op verhoë sien. Dans is dan ’n vorm van vermaak,” sê Ben.

“Onthou, daar bestaan ’n groot klomp style van dans. In verskillen­de lande doen mense ook baie verskillen­de danse. Dink maar aan die tango wat uit Argentinië kom. Die Russe neem ballet weer baie ernstig op. En in Suid-Afrika is die gumbootdan­s ook baie bekend. Dit is natuurlik net ’n paar voorbeelde,” sê Ben.

“Liewe mak makou! Ook geen wonder ons het so gesukkel om te verduideli­k wat dans is nie. Want dit is ’n nieverbale manier van praat,” sê Palawa.

“Wat beteken die woord verbaal?” vra Paloeka met ’n frons.

“Kom ons kyk in die verklarend­e woordeboek,” sê Bibi en trek nog ’n dik woordeboek nader.

“Mmm . . . V- . . . verbaal. Hier is dit. Mondeling, woordelik. So verbaal beteken om woorde met jou mond te sê,” sê Bibi.

“So nieverbaal beteken dan om te kommunikee­r sonder om woorde te gebruik?” vra Paloeka. “Presies net so,” sê Bibi. “Oukei, dit maak nou vir my sin.

Maar een ding is seker, dans is beslis ’n baie lekker manier van kommunikee­r. Ek kan heeltyd dans,” sê Paloeka en begin weer met sy danspassie­s.

“Ja, ek is ook mal daaroor,” sê Palawa en spring in die lug.

“Wat van ons dans die res van die middag om?” vra Bibi. “My voete jeuk nou ook,” sê sy laggend.

“Ek gaan solank vir ons musiek aansit,” sê Paloeka en huppel in die rigting van die radio.

● In volgende week se storie vra die Babbelbend­e: Hoekom koop ’n mens alles met geld?

Nóg ’n prettige seisoen van

Die Babbelbend­e lê nou voor! Kom kyk saam na Seisoen 2 op huisgenoot.com.

In dié aanlyn Afrikaanse kinderreek­s ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd saam interessan­te dinge terwyl hulle speel-speel meer oor ons wonderlike wêreld leer.

Besoek huisgenoot.com, kliek op “HG Junior” heel bo en daarna “Die Babbelbend­e” om al die episodes te kry.

Of kyk elke dag aanlyn op jou selfoon, rekenaar of tablet ’n nuwe episode op ons tuisblad.

Elke episode is 12 minute lank. Op naweke deel ons ’n omnibus van vyf episodes.

Dis nie nodig om ingeteken te wees op Netwerk24 om Die Babbelbend­e te kyk nie. Besoek ook media24sho­p.com

om jou eie Paloeka- of Palawa-pop of Die Babbelbend­e se Groot Storieboek te bestel.

Kom leer ken Die Babbelbend­e – en geniet hul vrolike geselskap saam met ons.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa