Huisgenoot

Die wêreld kan vergaan, maar die liefde bly staan

-

toe ek my radio aansit, luister ek na Vat 5 op RSG. Skielik pomp my hart tjoklits en ek herleef die 1960’s. Musiek is blywend, tydloos en sielsvreug­de! Ná al die jare ervaar ek weer die vlinders in my maag, presies soos met my eerste skoolkys in matriek. Sorgvryer, onskuldige­r jare.

Ek herleef die garagepart­ytjies op Vrydagaand­e wanneer al ons maats bymekaarko­m vir lekker twist en laataand close dance onder die toesig van ’n ouer. Daardie dae was ons nog gekys – vandag word julle ’n item genoem.

As daar Saterdagog­gend nie sport was nie, is ons na Toni’s Café vir banana boats met vanieljero­omys en aarbeistro­op. Dan hou ons onder die tafels handjies vas, speel voetjie-voetjie en speel vir mekaar plate op die jukebox – een tiekie vir drie liedjies.

Hierdie tye is tye wat jy net een maal beleef. Pleister dit vas in jou kop – dit mag nie vergaan nie.

Vandag, 40 jaar later, is ek steeds met dieselfde kys getroud en voel ek steeds die vlinders in my maag wanneer hy my vertel hoe lief hy my nog het. As ek die dag romanties voel, dans ons nog graag op die maat van “The Last Dance with You”.

Ons koop nog ’n pak slaptjips en eet dit sommerso uit die papier met hope asyn en sout. Ons speel ons is terug in die 1960’s en herleef alles van voor af en deel staaltjies.

Want ons is destyds saamgevoeg om mekaar hier in die 2020’s steeds te ondersteun wanneer ons kragte minder raak, as dit God se wil is. Ek weet en vertrou Hy sal met ons wees tot ons nie meer daar is vir mekaar nie. ANTOINETTE SCHOEMAN, RIEBEECKST­AD

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Bydraes vir My Storie moenie langer as 300 woorde wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa