Huisgenoot

HANDRÉ EN MARISE

-

WILLIE EN HOLLY DAMIAN EN DOMENICA

Die Bokke se onderkapte­in, Damian de Allende, en sy verloofde, Domenica Vigliotti, mik binne

CHESLIN EN LAYLA

Ons harte wou breek toe Cheslin kort voor die eindstryd ’n geel kaart kry en afgestuur word. Die bedroefde Bok was so gespanne oor die laaste paar minute hy kon skaars na die wedstryd kyk. Maar toe kom die grootste troos: die Springbokk­e wen! En dít boonop op sy 30ste verjaardag. Hier is hy en sy vrou, Layla, saam met hul dogtertjie­s, Kylah (6) en Mila Skye (3), en seuntjie, wie se naam hulle nog nie bekend gemaak het nie.

JEAN EN AISLING

Vier jaar gelede was Jean Kleyn nog in die Ierse span vir die Wêreldbeke­r in Japan. Maar dié keer kon die slot en sy vrou van die afgelope twee jaar, Aisling, saam met sy geboortela­nd feesvier toe die Bokke wen. Aisling is in Ierland gebore.

DUANE EN EZEL

Die Springbok-agsteman Duane Vermeulen tree ná vanjaar se toernooi uit, maar sy swanesang het op die mooiste noot moontlik geëindig. Kyk net hoe trots hou pa se seuns, Anru (9) en Zian (6), die spoggerige trofee saam met Duane en vroulief Ezel vas.

Marise Pollard, vrou van die man met die goue stewel, kan trots wees op haar losskakel. Hy het ál 12 Bokpunte in die eindstryd aangeteken en 33 punte in die toernooi. “My hart bars,” het Marise by ’n foto van haar en Handré met die goue trofee geskryf.

PIETER-STEPH EN WILLEMIEN

Die man wat as speler van die wedstryd aangewys is, het 28 duikslae in die eindstryd uitgevoer en ná die tyd gespot die Bokke hou klaarblykl­ik van drama. Sy naamgenoot, die vierjarige Pieter, en kleinsus Christi is net so trots op hul pa as sy vrou, Willemien.

 ?? ?? Die heelagter Willie le Roux omhels sy verloofde, Holly Clare Nichol. Hy het haar vroeër vanjaar die jawoord gevra. Regs van hom deel RG Snyman en sy vrou, Saskia (net-net sigbaar), asook Handré Pollard se vrou, Marise, in die jolyt. kort kansel toe. Die Bokke se wederhelft­es het voor die manne se wedstryd teen Tonga vir Domenica ’n henneparty­tjie in Frankryk gehou.
Die heelagter Willie le Roux omhels sy verloofde, Holly Clare Nichol. Hy het haar vroeër vanjaar die jawoord gevra. Regs van hom deel RG Snyman en sy vrou, Saskia (net-net sigbaar), asook Handré Pollard se vrou, Marise, in die jolyt. kort kansel toe. Die Bokke se wederhelft­es het voor die manne se wedstryd teen Tonga vir Domenica ’n henneparty­tjie in Frankryk gehou.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa