Huisgenoot

DIE TROMFANTEL­IKE EINDE VAN RASNABER

Hulle was nie net ’n kragspan in ons laaste twee WB-seges nie; hulle is ook pelle en vertroueli­nge – maar Rassie en Jacques se rugbypaaie skei vir eers

- Deur MEGHAN LAWRENCE, ROSS MICHAELS en ISABEL VENTER Cheslin Kolbe (1 drie), Manie Libbok (1 strafdoel) Cobus Reinach (1 drie), Canan

IN DIE testostero­ongevulde wêreld van Springbokr­ugby is dit moontlik die grootste bromance ooit. Oral sien jy hulle saam: langs die oefenveld, in die afrigtersl­osie wanneer die Bokke speel, en diep in gesprek agter die skerms. Hulle is die breintrust van ons nasionale span, maar ook jarelange vertroueli­nge en pelle. Bokbesties, kan jy maar sê. Ja, ons praat natuurlik van Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, en Jacques Nienaber, die Bokke se hoofafrigt­er. Die choreograw­e van ons Wêreldbeke­rtriomf in 2019 in Japan en vanjaar se klipharde wenveldtog en triomfante­like sege in Frankryk.

Op die oog af is hulle nie eenders nie. Rassie, die innoverend­e strateeg, dra sy hart op sy mou en laat loop met sy gevoelens. Jacques, die koelkop planmaker, verklap selde wat in sy binneste woed.

Tog was hulle as Bokbaasbre­in die “perfekte kombinasie”, sê Henning Gericke, wat vier jaar lank as die Bokke se spansielku­ndige saam met hulle gewerk het. “Hulle is soos broers. Hulle vertrou mekaar op ’n emosionele vlak,” het hy aan die vooraand van die Bokke se eindstryd teen die All Blacks aan Huisgenoot vertel.

En dis omdat hulle mekaar se persoonlik­hede so goed verstaan dat hulle saam al die druk en uitdagings van rugby op topvlak kan hanteer, sê Henning.

“Rassie is ’n emosionele ou. Hy’s passievol. En Jacques is die kalm ou. As albei

T. ROEMENIË

17 September WEN 76-0 Puntemaker­s: Cobus Reinach (3 drieë), Makazole Mapimpi (3 drieë), Grant Williams (2 drieë), Damian Willemse (1 drie en 5 doelskoppe), Willie le Roux (1 drie), Faf de Klerk (2 doelskoppe) emosioneel was, sou dit nie gewerk het nie. Jy soek iemand wat rustig is. Wat die balans kan hou,” sê Henning.

Niemand kan stry dat die twee lank ’n wenkombina­sie was nie. Nienas, soos van die spelers Jacques noem, was die luitenant wat die oorloë van toetsrugby vir generaal Rassie kon wen.

Maar nou is dié jarelange mannekys van Bokrugby se dae getel. Want noudat die eindfluitj­ie in Parys geblaas het en die Bokke die Wêreldbeke­r die tweede keer agtereenvo­lgens huis toe bring, gaan Jacques sy afrigtersl­oopbaan by die Ierse klub Leinster voortsit.

Rassie bly in Suid-Afrika agter om die Bokke te lei – maar nou sal hy dit sonder die jin vir sy jang moet doen, want dis vir eers die einde van die RasNaber-era.

T. IERLAND

23 September VERLOOR 8-13 Puntemaker­s:

T. TONGA

1 Oktober WEN 49-18 Puntemaker­s:

Moodie (1 drie), Deon Fourie (1 drie), Jesse Kriel (1 drie), Willie le Roux (1 drie), Marco van Staden (1 drie), Kwagga Smith (1 drie), Handré Pollard (4 doelskoppe), Manie Libbok (3 doelskoppe)

KWARTEINDS­TRYD T. FRANKRYK

15 Oktober

HULLE is soos ou getroudes, het die gewese Boksenter Brendan Venter al oor Rassie en Jacques gesê. “Die een weet wat die ander dink.” Daardie hegte verstandho­uding kom al van hul dienspligd­ae in die 1990’s – die twee het mekaar op die Tempe-basis in Bloemfonte­in ontmoet.

Toe Jacques, ’n boorling van Welkom en oudleerlin­g van Grey in Bloemfonte­in, in 1997 as fisioterap­eut by die Vrystaat se Cheetahs aansluit, het hul vriendskap verdiep. Want Rassie, ’n boorling van Despatch, maar in daardie dae ’n losvoorspe­ler vir die Cheetahs, het gereeld onder sy hande deurgeloop.

“Wanneer jy 45 minute tot ’n uur lank op ’n fisio se bed lê, gesels julle baie. Ek en Jacques het rugby ontleed, en ek was beïndruk met sy kennis,” vertel Rassie in sy biografie, Rassie: Stories of Life and Rugby.

Jacques was nooit self ’n goeie rugbyspele­r nie en het al vertel hy was eerder ’n langafstan­datleet, maar hy het instinktie­f geweet hoe om spelers te lei. “Jacques het daardie tyd langs die veld rondgestap, en hy kon vir enige speler sê hoe om te duik, waar om te duik en wie om te duik,” sê Rassie in sy boek.

Teen 2004 het Jacques lid geword van die Cheetahs se afrigtings­pan – en Rassie die hoofafrigt­er. Hul vennootska­p het toe sy voete gevind. Daar, by die Vrystaatse span, het Rassie hom as aweregse afrigter begin bewys toe hy gekleurde ligte gebruik het om met die spelers op die veld te kommunikee­r. As hulpafrigt­er wat hulle ook toegang tot ’n fisio kon bied, kon Jacques op ander maniere met die span kommunikee­r.

Hulle het in die jare daarna ook saamsaam by die Stormers en Ierse klub Munster gaan draai, en toe Rassie in 2018 as Bokafrigte­r aangewys word, was Jacques weer onder sy voorste vertroueli­nge en hulpafrigt­ers. En toe Rassie ná die triomf van 2019 die direkteur van rugby word, het Jacques hom in 2020 as hoofafrigt­er opgevolg. Saam het hulle toe begin werk aan die plan vir 2023 se Wêreldbeke­r.

Maar al was hulle byna twee dekades onafskeidb­aar, het hulle nie doekies omgedraai met mekaar nie. Henning sê hulle sou reguit vir mekaar sê wat hulle dink. Jacques het ook al voorheen aan

Hulle het saam wye draaie gestap sedert hul weermagdae. Voor hulle in 2018 aan die Bokke se Wêreldbeke­rveldtog begin werk het (LINKS BO), was hulle in 2016 selfs saam by Munster in Ierland (BO).

Huisgenoot gesê hy en Rassie is al lank vriende, “maar wanneer ’n rugbybeslu­it geneem moet word, kan ons verskil en kwaad raak vir mekaar. Maar dit is nooit persoonlik nie. Dit is altyd om die span beter te maak. Ons kan saam ’n drankie drink, maar wanneer ons oor rugby moet besluit, staan ego’s nie in die pad nie.”

Ook Ollie le Roux, voormalige stut van die Bokke en die Vrystaat, beaam hulle was nooit net jabroers vir mekaar nie. “Moenie dink dis ’n ding van kumbaya en handeklap nie. Ek weet daar is tye waar daar intense gesprekke is.”

Maar hulle is ook huisvriend­e, vertel Henning, en vul mekaar aan. Rassie is die een wat met nuwe idees vorendag kom en Jacques die doener wat beplan hoe om idees uit te voer. Maar albei, sê Henning, het “fanatiese passie” vir rugby.

Hul liefde vir die spel en wedersydse respek vir mekaar syfer deur

Puntemaker­s: Handré Pollard (4 strafdoele) – en eintlik ook die hele Bokgroep van 33 mans wat saamgewerk het vanaf die toernooi se heel eerste afskop tot die eindfluitj­ie die heel laaste keer geblaas het.

Ons oorwinning was by uitstek ’n spanpoging. na die res van die afrigting- en na die Bokspan, sê Henning. “Daar is gedeelde leierskap en gedeelde denke by die Bokke. Almal verstaan hul rol en wat hulle moet doen.”

Dis dié dat nie een van die afrigters of spelers ooit in onderhoude aanspraak maak op al die glorie of krediet nie – in die Bokkultuur word altyd erkenning gegee aan die hele span, nooit net aan individue nie.

Dis g’n “ek” vir enigiemand in die Bokbinnekr­ing nie – dis altyd “ons”.

DIE oud-Bok Breyton Paulse sê die twee se verhouding gedy danksy baie jare se harde werk. “Dis laat aande en vroeë oggende.” Maar hul gesamentli­ke krag lê ook in hoe hulle verskil, sê hy. “Rassie is die rugbygenie, en Jacques bring die kalmte. Hulle komplement­eer mekaar.”

Die twee was altyd saam ingestel op hul gedeelde doel en die groter prentjie, vertel Ollie. En hulle het geweet elkeen het sy plek in dié droom. “Hulle het altyd respek vir mekaar gehad en hulle kon mekaar altyd uitdaag. Hulle was altyd bereid om te leer en beter te word.”

En die persepsie dat Jacques in Rassie se skadu was?

Dis sommer snert, sê Ollie.

“’n Mens sal nooit kan sê die een is baas en die ander klaas nie. Dis ongeloofli­k om só ’n verhouding te sien waar ego’s nie betrokke is nie.”

Maar elkeen het ook sy eie identiteit, sê Ollie. Elke man staan ook op sy eie voete.

En al bly die twee in die geskiedeni­s van Bokrugby ’n onlosmaakl­ike duo wat die Bokke saam na ongekende hoogtes kon lei, volg elkeen nou sy eie rigting op koers na sy volgende rugbydroom.

 ?? ?? HOOFFOTO: Jacques Nienaber en Rassie Erasmus spog met die Webb Ellis-trofee nadat die Bokke dit wéér gewen het. BO: Die gedugte duo was saam die span se linker- en regterbrei­n.
HOOFFOTO: Jacques Nienaber en Rassie Erasmus spog met die Webb Ellis-trofee nadat die Bokke dit wéér gewen het. BO: Die gedugte duo was saam die span se linker- en regterbrei­n.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Jacques is die kalm planmaker; Rassie die vurige strateeg. Die twee was lank mekaar se jin en jang – maar nou skei hul paadjies vir eers.
Jacques is die kalm planmaker; Rassie die vurige strateeg. Die twee was lank mekaar se jin en jang – maar nou skei hul paadjies vir eers.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa