Huisgenoot

CRÊPES SUZETTE met NARTJIE-&BRANDEWYNS­OUS

-

Jy kan die pannekoeke al 2-3 dae voor die tyd bak en in die yskas bêre tot nodig. Rond dan af met hierdie lieflike sitrussous.

PANNEKOEKE

250 ml (1 k) koekmeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

’n knippie sout 250 ml (1 k) melk 250 ml (1 k) water 60 ml (¼ k) olie 3 eiers

SOUS AFRONDING

1 2

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. STAAN: 30 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

125 ml (½ k) suiker 60 ml (¼ k) water sap van 2 nartjies 30 ml (2 e) suurlemoen­sap

30 ml (2 e) brandewyn (opsioneel)

’n bietjie olie, vir bak 15 ml (1 e) botter 2 nartjies, in segmente gesny geklopte room of vanieljero­omys vir voorsit (opsioneel)

Pannekoeke

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Maak ’n holte in die middel. Klits die melk, water, eier en olie saam, en giet in die holte van die droë bestanddel­e. Klits goed tot glad. Bedek en laat die beslag minstens 30 min. staan.

t – teelepel/s

e– eetlepel/s 3

Sous

Sit die suiker, water, nartjie- en suurlemoen­sap in ’n klein kastrol. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Laat ’n minuut oor lae hitte prut.

4 Voeg die brandewyn by, indien gebruik, en laat prut nog ’n minuut. Hou eenkant tot nodig.

Verhit die olie in ’n kleefvrye pan. Giet van die beslag daarin, en kantel die pan sodat dit eweredig versprei.

Bak oor matige hitte tot borreltjie­s op die oppervlak van die pannekoek vorm. Draai om en bak tot goudbruin. Keer die pannekoek op ’n bord uit en herhaal met die res van die beslag.

Vou die pannekoeke in driehoeke terwyl dit nog warm is. Verhit die botter in ’n groot pan en pak die pannekoekd­riehoeke daarin. Versprei die nartjieseg­mente bo-op en giet die sous oor. Verhit 1-2 min. oor lae hitte. Sit dadelik voor saam met die room of roomys, indien verkies. 5 6 7 8

Afronding

k – koppie/s

Nartjiestr­oop

Sit die rooibostee of water, suiker, gemmer en steranys in ’n klein kastrol. Verhit en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Laat 5 min. oor lae hitte prut. Voeg die nartjieseg­mente en suurlemoen­sap by en laat prut tot die nartjies deurwarm is.

Skep die nartjiestr­oop oor die poeding sodra dit uit die oond uitkom. Sit die poeding warm voor saam met die vla.

Vir voorsit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa