Huisgenoot

NARTJIEDOU­GHNUTS met ROOMKAASVE­RSIERSEL

-

LEWER 18-24 DOUGHNUTS / BEREIDING: 30 MIN. STAAN: 15-30 MIN. / RYS: 1 UUR 30 MIN. / BAK: 30 MIN.

GIS 1 x 7 g-pakkie kitsgis 125 ml (½ k) louwarm melk

250 ml (1 k) louwarm water

5 ml (1 t) suiker DEEG

6 x 250 ml (6 k) koekmeel + ekstra vir knie

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) elk fyn gemmer en kaneel 2,5 ml (½ t) elk fyn kardemom en gemengde speserye 30 ml (2 e) suiker fyngeraspe­rde skil van 1 nartjie

1 eier, geklits ekstra water, soos nodig VERSIERSEL

60 ml (¼ k) geroomde maaskaas

30 ml (2 e) sagte botter

250 g versiersui­ker, gesif

5-10 ml (1-2 t) nartjieof suurlemoen­sap, indien nodig AFRONDING

olie, vir diepbraai

60 ml (¼ k) fyn klapper (opsioneel)

Bespuit ’n groot skinkbord met kossproei. Hou een groter en een kleiner sirkelkoek­iedrukker byderhand.

1 Gis Meng die gis, melk, water en suiker goed en laat staan 15-30 min. op ’n warm plek of tot daar ’n dik skuimlaag op die oppervlak vorm.

2 Deeg Meng die meel, sout, speserye, suiker en nartjieski­l in ’n diep mengbak. Maak ’n holte in die middel. 3 Klits die eier by die gismengsel in en giet in die holte van die droë bestanddel­e. Meng met ’n houtlepel tot die deeg klewerig begin raak. Voeg nog ’n bietjie water by as die deeg te droog is.

4 Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en knie 5-10 min. of tot glad en elasties. 5 Vorm die deeg in ’n bal en sit in ’n diep, gesmeerde bak. Bedek, en laat rys 1 uur op ’n warm plek of tot dit in grootte verdubbel het. 6 Knie die deeg liggies af en rol uit tot 1 cm dik. Druk sirkels met die groter koekiedruk­ker. Druk ’n gaatjie in elkeen met die kleiner koekiedruk­ker, indien verkies, en pak op die gesmeerde skinkbord. Bedek en laat rys nog 15 min. op ’n warm plek.

7 Versiersel Klits die maaskaas en botter goed saam. Voeg die versiersui­ker by en klits tot glad en romerig. As die versiersel te styf is, giet ’n bietjie nartjie- of suurlemoen­sap by.

8 Afronding Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai en braai die doughnuts in sarsies tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispap­ier. Laat heeltemal afkoel. 9 Smeer die versiersel oor die doughnuts en sprinkel klapper oor, indien verkies. ❑

 ?? ?? * NARTJIEDOU­GHNUTS MET ROOMKAASVE­RSIERSEL
* NARTJIEDOU­GHNUTS MET ROOMKAASVE­RSIERSEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa