Huisgenoot

YSKASSAGOP­OEDING met NARTJIEKON­FYT

-

GENOEG VIR 6-8 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. STAAN: 2 UUR / VERKOEL: 2-3 UUR / GAARMAAK: 25-30 MIN.

Sagopoedin­g kan koud of warm geniet word. Vir dié weergawe sit 1 ons dit koud en in glase voor, en ons rond dit af met ’n growwe en vinnige nartjiekon­fyt. Vir ’n sterker nartjiegeu­r, laat die poeding oornag in die yskas staan. Die geur sal dan lekker deur die poeding trek. SAGO

250 ml (1 k) sago 500 ml (2 k) water POEDING

750 ml (3 k) melk fyngeraspe­rde skil van 1 nartjie

125 ml (½ k) suiker 2,5 ml (½ t) sout 45 ml (3 e) botter 5 ml (1 t) vanieljege­ursel NARTJIEKON­FYT

4 nartjies, geskil en grofgekap

125 ml (½ k) fyn appelkoosk­onfyt AFRONDING

eetbare blomme

tjies (opsioneel) Sago Sit die sago in ’n bak en giet die water oor. Laat staan 2 uur of tot die sago uitgeswel is.

2 Poeding Giet die melk in ’n diep kastrol, voeg die nartjieski­l by en verhit tot die melk op die oppervlak begin stoom.

3 Voeg die sago by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, en laat prut die sago 20-25 min. of tot dit glaserig en gaar is en nie meer wit nie. Roer gereeld om te verhoed dat dit vasbrand.

4 Roer die suiker, sout en botter by, en meng tot die botter en suiker gesmelt is. Verwyder van die hitte en roer die vanielje by.

5 Laat die poeding eenkant staan tot heeltemal afgekoel. Verdeel dit daarna tussen 6-8 glase en verkoel minstens 1 uur in die yskas of selfs oornag.

6 Nartjiekon­fyt Sit al die bestanddel­e in ’n kastrol en verhit tot die mengsel begin prut. Roer goed en laat nog 2-3 min. oor lae hitte prut. Verwyder van die hitte, skep uit en laat heeltemal afkoel. Bêre in die yskas tot nodig.

7 Afronding Skep van die konfyt boop elke poeding en rond af met eetbare blommetjie­s, indien verkies. Sit koud voor.

 ?? ?? * YSKASSAGOP­OEDING MET NARTJIEKON­FYT
* YSKASSAGOP­OEDING MET NARTJIEKON­FYT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa