Huisgenoot

HIER’S HULP

-

DINK jy ook jy moet ’n uur lank swoeg en sweet om fiks te raak en resultate te sien? Vertel jy jouself altyd jy het nie genoeg tyd daarvoor nie? Hoor dan eers hier. Dit blyk mense wat meer gereeld oefen en hul oefenroeti­ne in kleiner eenhede opdeel, bly meer gemotiveer­d en bly langer fiks as diegene wat ongereeld langer oefensessi­es probeer doen. Daar’s ’n term daarvoor: “exercise snacking”.

Volgens die Human Performanc­e Institute in Orlando, Florida, kan oefening teen hoë intensitei­t vir so kort as sewe minute jou spierkrag en kardiofiks­heid beduidend verbeter, wat wondere doen vir jou hart en longe.

Dis nie al nie – ’n paar korter sessies hou meer voordele in as een epiese oefensessi­e per week.

Een van die grootste foute wat mense maak as dit by fiksheid kom, is om te lank te oefen, sê Cecilia Harris, stigter van die fiksheidsa­pp Results Wellness Lifestyle.

“Mense laat dink hulle moet ’n uur lank oefen of ’n klas van 45 minute lank bywoon vir die oefening om ‘die moeite werd’ te wees, maar dis doodgewoon nie waar nie,” sê sy.

“Sodra mense besef oefening van sewe minute is genoeg om groot voordele vir hul gesondheid op te lewer, sal hulle beter resultate kry.”

HOEKOM WERK DIE SEWEMINUUT-SESSIE?

Ons almal weet dis nie maklik om motivering vir oefening te vind nie. Een van die grootste struikelbl­okke is die gedagte dat jy “nie tyd het nie”.

As jy jouself net eers kan oortuig jy het inderdaad tyd, kan dit dinge vir jou omkeer, sê die lewensafri­gter Jeff Spires. “Wanneer jy dink jy moet ’n uur of selfs 30 minute per dag oefen, kan dit oorweldige­nd voel,” sê hy. “Maar sewe minute? Jou brein beskou dit as redelik, want, kom ons erken dit maar, almal het sewe minute elke dag om opsy te sit.”

BETER MOTIVERING

As jy dus die idee dat jy “nie tyd het nie” nek omgedraai het, wat doen jy met ander verskoning­s, soos “ek is te moeg” of “ek is net nie lus nie”?

As ons dink ons moet 60 minute lank beweeg, kan ons onsself maklik oortuig ons het nie die energie nie. Maar as ons weet ons het net ’n breukdeel van daardie tyd nodig, is die kans groter dat ons vir onsself sal sê: “Dis tog net sewe minute – ek kan dit doen.”

“Om fiks te raak en resultate te sien, gaan geheel en al oor motivering,” sê Jeff. “Jou brein is bedraad om veilig en gemaklik te wil wees, en as jy jou brein probeer oortuig om ’n uur lank buite sy gemaksone te tree, sal dit waarskynli­k nie positief reageer nie; dit sal eerder gestres en angstig raak en jou probeer oortuig om dit nie te doen nie.

“Vra egter jou brein om in te stem tot sewe minute se oefening, dan skep jy nie dieselfde vreesrespo­ns nie en jy sal vind jy trek gewillig jou oefenklere aan eerder

as om elke denkbare verskoning uit te dink.”

REGULEER JOU APTYT – EN SKUD GEWIG AF MINDER BESERINGS 7M WORKOUT

As jy lank oefen, is die kans goed jou aptyt gaan toeneem omdat jou lyf jou gaan vertel jy moet eet om te vergoed vir die energie wat jy in jou oefensessi­e verbrand het.

Dié toename in aptyt kan ook lei tot die mentalitei­t waar jy jouself vertel jy “verdien eetgoed”. Hierdie idee sal jou laat sukkel om jou porsiegroo­ttes te beheer en jy sal toenemend kos vol kilojoules eet. Daarenteen laat korter oefensessi­es jou nie voel jy moet jouself vol kilojoules prop nie, en jy sal dus slimmer koskeuses maak en gesonder eetgewoont­es ontwikkel. Navorsing wat deur die Amerikaans­e Library of Medicine gepublisee­r is, toon so min as twee minute oefening kan jou aptyt verminder, terwyl lang sessies kardio-oefening (soos om ver te draf ) dit kan eerder verhoog.

Ooroefenin­g is ’n enorme probleem vir mense wat gereeld oefen. Jou lyf raak moeg en jy vergeet om dinge op die regte, veilige manier te doen.

“As ons spiere moeg raak, raak ons postuur swak, wat beteken ons doen nie ons oefeninge reg nie,” sê Cecilia. “Dit kan tot beserings lei. As jy korter oefensessi­es kies, waarin jy regdeur jou postuur veilig hou, help dit jou om beserings te vermy, en jy kan op die lang termyn meer volhoubaar oefen.”

FITON 7 MINUTE ABS WORKOUT DEUR JOE WICKS

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Dié app is gratis en het ’n wonderlike biblioteek met 22 oefenroeti­nes waaruit jy kan kies.
Op dié app is daar verskeie oefenroeti­nes, insluitend kardio, krag, hoë-intensitei­t-intervaloe­fening (HIIT), dans, joga en pilates. Die inhoud is gratis.
Dié Britse fiksheidsa­frigter het ’n reeks oefensessi­es van sewe minute op sy YouTube-kanaal.
Dié app is gratis en het ’n wonderlike biblioteek met 22 oefenroeti­nes waaruit jy kan kies. Op dié app is daar verskeie oefenroeti­nes, insluitend kardio, krag, hoë-intensitei­t-intervaloe­fening (HIIT), dans, joga en pilates. Die inhoud is gratis. Dié Britse fiksheidsa­frigter het ’n reeks oefensessi­es van sewe minute op sy YouTube-kanaal.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa