Huisgenoot

MAAK OPSLAE WÊRELDWYD

-

ETHAN

Cantona James speel Ethan wat voorgee hy gaan skool toe, en dan as bestuurder vir ’n bende werk. Hy ontmoet iemand wat by spinning betrokke is en begin dit as ’n uitweg uit die bendelewe beskou.

HERCULES

Die gesoute akteur Brendon Daniels speel die karakter Damien se lojale handlanger. Hercules is genadeloos en wreed. Sy hele lewe draai om die bende, en niks sal hom keer om te kry wat hy wil hê nie.

NAZEEM

David Isaacs speel Nazeem, ’n hardhandig­e polisieman wat nie bang is om die grense te verskuif om bendelede voor die gereg te bring nie. Al is hy baie anders as Phumeza, vorm dié twee ’n band.

Die reeks is ’n samewerkin­gsproduksi­e tussen

Showmax en die Franse televisieg­roep Canal+.

Spinners het al vroeër vanjaar mense aan die praat gehad toe Cantona in Mei vereer is met die prys vir beste akteur by die eerste Dakar Séries-fees. Dit het ook met die pryse vir die beste reeks en die beste redigering weggeloop.

Boonop is dit die eerste reeks uit Afrika wat gekies is om by die internasio­nale televisief­ees in Cannes, Frankryk, vertoon te word.

“Die sukses is fenomenaal. Nie net die plaaslike reaksie was ongeloofli­k nie, maar ook dié van internasio­nale gehore,” sê Jaco.

Cantona en Chelsea was juis in Oktober by Spinners se uitverkoop­te première in Parys, Frankryk, waar die reeks staande toegejuig is. 1

SPINNERS

AMBER

Die Arendsvlei-aktrise Chelsea Thomas speel Amber, die beste vroue-spinner in die land. Sy is Ethan se mededinger, speels en talentvol. Sy is ’n goeie vriendin vir Ethan en nie bang om hom te druk om die regte besluite te neem nie.

DAMIEN

Elton Landrew is die bendeleier Damien. Hy dra ’n klomp geheime saam, en al het hy ’n sagter kant huiwer hy nie wat bendesake betref nie. Beskerm hy Ethan of het hy donkerder motiewe om hom by die bendelewe te betrek?

’n Fiktiewe woonbuurt genaamd “The Hills” is vir die reeks geskep.

2

Die produksies­pan het nou saamgewerk met die gemeenskap van Lavender Hill en van die inwoners was ekstras in die reeks.

WIE’S WIE?

Jaco is vol lof vir die rolverdeli­ng. “Ek moet regtig ons plaaslike akteurs en hul talent prys. Veral diegene wat hoofrolle vertolk het en wat hul vertonings oor ’n lang tydperk kon volhou toe ons tonele en episodes vir kontinuïte­it geskiet het.”

SHANE

Dillon Windvogel is te sien as die werktuigku­ndige Shane wie se paaie toevallig met Ethan s’n kruis. Hulle word later goeie vriende en hy stel Ethan aan die wêreld van spinning bekend.

PHUMEZA Katlego Lebogang vertolk die rol van die jong speurder Phumeza. Sy word ingeroep om ’n voorval te ondersoek waarby die bendes betrokke is, en dit kom mettertyd voor asof sy van Ethan hou. 4

Al die waaghalsto­ertjies is gechoreogr­afeer op die dag waarop dit verfilm is.

5

Elke keer wanneer die span ’n kamera op ’n aksievoert­uig monteer het, het dit begin reën.

5 BLITSFEITE OOR SPINNERS

 ?? ?? Die jong sterre Chelsea Thomas, Dillon Windvogel, Stephren Saayman, Braeden Buys en Cantona. 2023. 1 SEISOEN. 16TGVD. WYS VAN 8 NOVEMBER MET NUWE EPISODES ELKE WOENSDAG OP SHOWMAX BESKIKBAAR.
Die jong sterre Chelsea Thomas, Dillon Windvogel, Stephren Saayman, Braeden Buys en Cantona. 2023. 1 SEISOEN. 16TGVD. WYS VAN 8 NOVEMBER MET NUWE EPISODES ELKE WOENSDAG OP SHOWMAX BESKIKBAAR.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa