Huisgenoot

DIE TWEEDE SEISOEN IS HIER

Dis veel ligter om ’n paar note by jou te dra as ’n sak vol swaar muntstukke – dit is ook hoekom ons vandag geld op kaarte laai en kaarte gebruik

-

“Om handel te dryf, beteken om iets te koop. En ruilhandel beteken dan om iets vir iets anders te verruil,” sê Ben.

“Sê nou maar jy het jou pakkie tjips vir jou maatjie se suigstokki­e verruil, dan het julle ruilhandel gedryf. En dit was die enigste manier waarop mense baie duisende jare gelede aan mekaar goed kon verkoop,” sê Ben.

“Nou wanneer het mense dan geld begin gebruik?” vra Bibi.

“Goeie vraag, Bibi. Geld het duisende jare terug in ’n plek met die naam Sumer begin omdat mense besef het ruilhandel was nie altyd die beste manier om goed te koop nie. Dit was ook nie altyd baie regverdig nie. Vat nou maar my voorbeeld van tjips en ’n suigstokki­e. ’n

Pakkie tjips is tog baie groter as ’n suigstokki­e,” sê Ben.

“Ja-nee, dit het nie vir my baie regverdig geklink nie,” sê Paloeka.

“So, om die een vir die ander te ruil, is nie heeltemal regverdig nie. En dis hoe geld toe ontstaan het. Maar die eerste vorms van geld het nie gelyk soos die ronde, plat silwer en brons muntstukke soos ons dit vandag ken nie. Dit het ook nie gelyk soos die papiergeld met die blou, groen en rooi daarop gedruk nie. O, nee, die eerste vorms van geld was spesiale soorte skulpies wat baie waardevol was,” sê Ben.

“Dis ’n slim idee,” sê Palawa. “Ek is mal oor skulpies en ek het baie skulpies in ’n bottel by die huis. Dink net hoe skatryk ek sou gewees het as ons nog skulpies geruil het,” sê sy.

“Later het mense stukkies klei begin gebruik om mee handel te dryf, en nog later het mense klein brons vormpies en muntstukke ontwerp,” sê Ben.

“Dit klink ál meer soos die geld wat ons vandag gebruik,” sê Bibi.

“Party muntstukke het gaatjies in die middel sodat mense lank gelede ’n stuk tou daardeur kon ryg. Hulle het dit gedoen sodat hulle nie die geld sou verloor nie. En dit is hoe mense toe ’n klomp munte veilig kon saambind,” sê Ben.

“En papiergeld? Hoekom is dit begin gebruik en hoekom het dit belangrik geraak?” vra Paloeka.

“Want dit is veel ligter om ’n paar note by jou te dra as ’n sak vol swaar muntstukke. Dit is ook hoekom mense vandag geld op kaarte laai en meestal net kaarte gebruik wanneer hulle vir dinge betaal. Kaarte is lig en maklik om rond te dra,” sê Ben.

“En dit is die antwoord op die vraag van die dag. Maar kom ek deel nog een interessan­te feit met julle. Het julle geweet die woord salaris kom van die baie ou woord salarium af? Salarium beteken sout. Sout was in ’n stadium so waardevol dat mense elke maand met sout betaal is. Dit is ook waar die gesegde ‘jy is jou sout werd’ vandaan kom,” sê Ben. “Dis nou interessan­t,” sê Palawa. “Ek is wel bly mense word nie meer in sout betaal nie,” lag Bibi.

Paloeka loop weer op en af in die Babbelboom­huis. Hy soek orals, in elke kassie en laai, op elke rak en onder die tafels.

“Ek het dit,” sê hy en bring die spaarvarki­e nader. Hulle maak die varkie oop en gooi die munte uit.

“Ek kan nie glo ons het al so baie geld gespaar nie. Wat gaan ons daarmee maak?” vra Palawa en voeg dan by: “Ek dink ons moet ’n hangmat koop.”

“Ek dink ons moet ’n eierspaan koop sodat ek omelette kan maak,” sê Paloeka.

“Kom ons deel die geld tussen ons drie, dan koop elkeen wat ons graag wil,” sê Bibi.

“Dis ’n blink plan,” sê Palawa. Sy is baie opgewonde oor die geld.

“Elkeen van ons kry twee R5-munte. Dan is daar twee R10note. Ons sal die note by die bank

gaan ruil vir munte sodat ons dit kan deel,” sê Bibi.

“Ek het nou ’n bietjie gedink,” sê Palawa. “Paloeks, jy kan my deel van die R10-noot kry om vir jou ’n spaan te koop. Ek weet jy wou nog altyd een hê,” sê Palawa.

“Ek stem,” sê Bibi. “Jy kan myne ook kry, dan koop ons vir jou die spoggerigs­te spaan wat bestaan.”

“Ag, julle is darem baie gaaf,” sê Paloeka. “Dankie. Ek waardeer dit. En weet julle wat, ek gaan vir julle die lekkerste omelette maak.

“Die lekkerste omelette ooit, in die geskiedeni­s van omelette. Ek belowe,” sê Paloeka opgewonde.

● In volgende week se storie vra die Babbelbend­e: Waar kom reën vandaan?

Nóg ’n prettige seisoen van

Die Babbelbend­e lê nou voor! Kom kyk saam na seisoen 2 op huisgenoot.com.

In dié aanlyn Afrikaanse kinderreek­s ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd saam interessan­te dinge terwyl hulle speel-speel meer oor ons wonderlike wêreld leer.

Besoek huisgenoot.com, kliek op “HG Junior” heel bo en daarna “Die Babbelbend­e” om al die episodes te kry.

Of kyk elke dag aanlyn op jou selfoon, rekenaar of tablet ’n nuwe episode op ons tuisblad.

Elke episode is 12 minute lank. Oor naweke deel ons ’n omnibus van vyf episodes.

Dis nie nodig om ingeteken te wees op Netwerk24 om Die Babbelbend­e te kyk nie. Besoek ook media24sho­p.com

om jou eie Paloeka- of Palawa-pop of Die Babbelbend­e se Groot Storieboek te bestel.

Kom leer ken Die Babbelbend­e – en geniet hul vrolike geselskap saam met ons.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa