AANDAG, ALLE PA’S! VYF MANIERE HOE JY KAN HELP
Maak aandete (en ander maaltye) reg van die begin af tot by reg aan die einde. Dit beteken maaltydbeplanning vir die week wat voorlê, om kruideniersware te koop, die maaltyd te berei, die kinders te kry om hul hande te was en aan tafel te sit, die maaltyd voor te sit, die een te wees wat uit jou stoel opstaan om die 17 goed te gaan haal wat die kinders uit die kombuis wil hê, die tafel af te dek en die kombuis skoon te maak tot die punt waar daar geen bewys is dat ’n ete daarin berei is nie.
Was die skottelgoed. Soos aandete maak klink skottelgoedwas doodeenvoudig. Maar elke keer wanneer ek ma’s vra wat die een ding is wat hul maat kan doen om hul stres te verlig, skree vele van hulle: “Was die bleddie skottelgoed!” Gebruik ook opwasmiddel. Op elke bord.
Wees op die hoogte van die kinders se daaglikse, weeklikse en
Tog sê dit iets oor die stand van moederskap dat ma’s wat steeds op hul eggenoot verlief is en nie wil skei nie daaroor fantaseer – as ’n manier om ’n blaaskans te kry.
Die ouerskapsideologieë wat die ronde gedoen het toe ek in die 2010’s kinders gehad het, het geheel en al daarop gefokus dat jy intens by jou kinders betrokke moet wees. Dit was die tyd van die helikopterouers wat altyd oor hul kinders sweef, altyd naby is.
Dit was ook die tyd van die gehegtheidsouers: sit nooit die baba neer nie – dra hulle, slaap met hulle, voed hulle tot kindertuin. En daar was die tierma: Maak seker jou kind is in al die regte programme vir akademiese sukses en kan later in die samelewing opbeweeg.
Die afgelope paar jaar het sagte ouerskap gewild geword. Dit behels dat wanneer ’n kind hom sleg gedra ouers moet stilstaan en tot op sy oogvlak afdaal. Hulle moet dan die kind se gedrag saam bevraagteken, ondersoek en verwerk – terwyl hulle hul bes doen om nie toe te laat die kind se gedrag maak dat hulle hul eie oë wil uitkrap nie.
Ek is in 1981 gebore en ek is ’n kind van boomer-ouers. Wanneer hulle kom kuier, is die verskil tussen hul terugstaanouerskap en my intensiewe vertroeteling ’n skerp teenstelling. Ek sit op die vloer met Mae en speel en vertel wat ek doen en wat sy doen terwyl ek haar prys en haar soen.
My ouers kyk van die rusbank af toe. Hulle is daarmee tevrede om af en toe met my kinders te kommunikeer – van hul sitplek af. Speel met hulle, pleit ek in my kop. Wees Prettige Ouma en Prettige Oupa. Maar hulle is meestal nie, al stuur hulle geskenke en is lief vir my kinders.
Ek weet nie hoekom ek verbaas is nie. Hulle was ook nie Prettige Ma of Prettige Pa nie, en dit het my nooit gepla nie. Ek het altyd geliefd en beskermd gevoel, aangemoedig en gekoester. jaarlikse program. Tik hul program en skoolvakansies op jou persoonlike en gedeelde kalender in, en kyk daagliks daarna. Kyk na die week en maand wat voorlê. Weet wanneer jou kind ’n toets skryf sodat jy kan sorg hulle is voorbereid.
Wees die mens wat met ander volwassenes – onderwysers, dokters, sokkerafrigters, nasorgsentrumpersoneel, saamryklubs – oor jou kind kommunikeer. Vra jou maat om jou in te sluit by enige
Tog het my geslag in vandag se intensiewe ma’s verander, wat die voor- en nadele van ses handelsmerke se karstoeltjies ken. Dis amper onmoontlik om hiervoor nee te sê sonder om te voel jy verwaarloos jou kind. En om deur ander mense beskou te word as iemand wat haar kind opsetlik verwaarloos.
Die meedoënlose werklas wat ons aan die beweeg hou, selfs wanneer ons lyf nie beweeg nie, laat ons ál nader aan woede beweeg.
Al is ons woede ’n natuurlike reaksie daarop om stelselmatig van ons mag gestroop te word, kan ma’s nie eintlik aanvoer enige van hierdie dinge gebeur met ons nie, want ons het skynbaar elkeen die “keuse” gemaak om ons eie lewe te verklein.
As pa’s dit alles net kon verstaan, sou hulle sien die saak is veel meer ingewikkeld as ma’s wat “te kwaad” raak.
En hopelik kan hierdie begrip pa’s se medelye vergroot vir die ma’s vir wie hulle lief is.
Woede is ’n manier om nee te sê. Wanneer ons woedend is, sê ons nee vir mishandeling, nee vir geringskatting, nee vir ’n wêreld wat nie vir ons omgee nie. Voor ons nie woedend raak nie, sal dinge nooit verander e-posse wat sy oor jou kind stuur. Dan sal sy nie die bykomende taak hê om die kommunikasie wat sy met die onderwyser of dokter gehad het aan jou te moet herhaal nie.
Gee aandag aan jou liggaamlike en geestelike gesondheid. Ma’s soek nie die ekstra werk om van jou gesondheid ook in beheer te wees nie – wees in beheer van jouself. Jou skouer wat jou opkeil? Gaan dokter toe.
nie. Ma’s het dit nodig dat dinge verander; ons moet nadink oor maniere om dit te laat gebeur. Maar kan ons onsself eers ’n oomblik gee om in die versengende hitte van ons woede te sit? As óns nie ons raserny ruimte gee om te bestaan nie, wie sal?
© MINNA DUBIN 2023. ’N UITTREKSEL UIT
DEUR MINNA DUBIN, SEAL PRESS, R639 BY TAKEALOT.COM.
GRANAATSAP maak verstopte are in jou lyf skoon. Dis goed vir jou bloeddruk. Dis goed vir baie dinge. Dis antiinflammatories. Dit val kankerselle in jou liggaam aan. Dis nou as dit suiwer is.
Op die oomblik is daar 11 granaatplase rondom Oudtshoorn. Ons het dit begin.
Die kultivar is ‘Wonderful’. Uit Israel. Ons het 280 hektaar van hierdie granate op 80 km². Dis 30% van Suid-Afrika se granaatproduksie.
Jy gaan hierdie Karoo-‘Wonderful’-granate in sap en nou ook port van De Krans op ons rakke sien, maar ons voer meestal ons granate uit.
Ons bly in die portbelt van Suid-Afrika en nou het ons die eerste granaatport in Afrika.
Gin was volgende op ons lysie, maar ons het daardie bubble gemis.
DIE droogte is gebreek – die plaasdam was sewe jaar laas vol. Ons water-aar is weer oop en vol hoop soos met ons lewe hier. Ek is nie gekwalifiseer as ’n boer nie. Ek was aan DF Malan-hoërskool in Bellville en het B. Ekonomie Bemarking aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer.
Danksy my liefde vir musiek was ek betrokke by groot produksies op kampus en het met ’n mobiele disko musiek by koshuise gemaak.
Ek was jare lank betrokke by bemarking by Boland Bank wat destyds Mej. SuidAfrika geborg het.
My loopbaan het my ook oorsee gevat om aan dinge soos die Tour de France te gaan werk.
Ek het al Bles Bridges se Wes-Kaapse toere gereël.
Ek het nou twee dogters, beide in Amerika, ook in landbou en bemarking.
Die Cultivaria-fees in die Paarl het ék begin.
Nou die dag het Spoegwolf hier op Celebratio opgetree. Die plaasopstal se naam is Karona, wat na krone verwys, soos die blaartjies aan die granaat.
Dit sou ook die naam van die besigheid gewees het. Toe tref corona en ons verander die naam na Karoo.
DIÉ plaas was oorspronklik my oupa Sias Meyer s’n. Lusern en volstruis gewees. Toe’t ek 12 jaar gelede die geleentheid gekry – sjoe, ek weet nie eens presies wanneer nie – om die plaas terug te koop. Basies in die familie in.
Dit was ’n Jan Ferreira wat hom toe gehad het. Dis ’n oom – in ’n mate familie – met my ouma se suster getroud. Hy het ’n hele klomp plase gehad. Ek het die plaas eers ’n paar jaar laat lê om te besluit wat ek daarmee gaan doen.
Ek wou nie met volstruise en ook nie met lusern boer nie. Ek verstaan nie die volstruismark nie. Ek dink dit het ál baie mense laat geld verloor. Dit is ’n sikliese bedryf.
As iemand lusern het in hierdie omgewing, dan het almal lusern. Jy moet verstaan waarheen die produk gaan. As jy ’n besonderse goeie jaar het, gaan die pryse halveer? Het jy genoeg markte om dit te verkoop teen premiepryse?
EK HET die mikroklimaat van hierdie plaas op ’n wêreldkaart geplot. Die reënval. Die minimum en maksimum temperature. Die naaste aan hiérdie plaas is in die suide van Israel, by die Negev-woestyn. Ek het soontoe gevlieg en gaan kyk waarmee hulle boer.
Toe ek en my vrou en vennoot, Marita, in Israel was, het ek een van die ou granaatboere daar gevra: “Wetende wat jy nou weet en jy is in my posisie, sal jy alles vat wat jy het en in die projek sit – en ek leen nog méér om daar in te druk – sal jy die risiko neem om nog granate te plant?”
Ons het daar gestaan in daai boord, waar daar gate is van die mortiere wat van Gaza af geskiet is. Hy sê toe: “Young man, as long
DBO: Die ‘Wonderful’-kultivar doen sy naam gestand. ONDER: Gerhard en sy vrou en vennoot, Marita.
as you plant Bible fruits. Dates, olives, table grapes or pomegranates.”
’n Granaat is vir Moslems ook ’n heilige vrug. Daarom ontwikkel ons nou alkoholvrye vonkelwyn. Ons het nog net nie genoeg sap daarvoor nie.
IE hele wêreld wil meer gesond wees. Wat 12 jaar, 15 jaar gelede nog nie so was nie. Daar is gereeld fashionable trends. Dan plant almal blueberries. Dan val die bodem uit. Dan kom die volgende ding.
Die uniekheid van granate is dat jy die beste vrugte in ’n semiwoestyn verbou. Net 5% van die wêreld se produksie van granate staan in die Suidelike Halfrond. In my leeftyd kan daar nie ’n oorproduksie van granate van hier wees nie. Die Klein-Karoo se grond is oor die algemeen brak. Dis nie die beste landbougrond nie. ’n Granaatboom kan brak baie goed hanteer. Ons het die Israelse kultivar 15 jaar gelede hier kom plant.
Ons het die eerste 10 hektaar bome geplant toe ek teruggekom het uit Israel in 2008.
Ek het dit in die swakste grond op die plaas gaan plant. My idee was om te kyk of die bome hulleself bewys. Dan gaan dit makliker om uit te brei.
Daardie grond is in die laboratorium by die Elsenburg-landboukollege in een sin geklassifiseer: “Totaal ongeskik vir die verbou van enige gewasse.” Dit wys jou hoe sterk die bome is.
Dit vat drie jaar vir ’n boom om die eerste keer te dra. Die eerste oes is minimaal. Ons plant een jaar oue boompies. In jaar vyf is die gemiddelde oes om en by 28 ton per hektaar. Min of meer.
Selfs kunsmis gee ons deur drupperlyne. In die droogte het ons nie eens water daarvoor gehad nie. Net voor die droogte was die grootste kapitaal wat ons moes inploeg die pakstore en koelkamers.
DRIE jaar gelede was dit dié ergste in die Garden Route-distrik. Werkloosheid was 60%. Dit was covid. Geen KKNK. Ons moes damme in hierdie periode hê. Ondergrondse water gaan soek. Ek was by die departement van landbou by die Wes-Kaapse regering. Die water moet uitkom. Maar ons het nie meer geld oorgehad ná alles wat ons reeds in die grond gesit en gebou het nie. Die departement het duisende gegee vir ’n hidrogeoloog om te soek na water. Dirk Rudolph het gekom met die science. Tannie Koekie het met die stokkies gekom om water te wys. Ons het die distriksraad genader vir hulp om die bestaande boorde te red en ’n nuwe industrie te vestig. Ons noem onsself die Calitzdorp Export Agri Hub.
Die sementpad waarop ons die granate moet vervoer, is besig om opgeknap te word. Dis eintlik wonderlik. Die hoe die privaat sektor en die regering kan hande vat en ’n ding laat werk.
Ons het nie ’n keuse nie.
‘DIE GROND IS GEKLASSIFISEER AS TOTAAL ONGESKIK VIR DIE VERBOU VAN ENIGE GEWASSE’