Huisgenoot

‘EK IS SEKER DIT WAS NIE MAKLIK OM MET ’N AKTRISE GETROUD TE WEES NIE’

-

het, het hy aangebied dat sy ’n woonstel in New York huur wat aan hom behoort het.

Maar die aantrekkin­gskrag was daar, en binne ses maande ná John se dood is Meryl en Don getroud.

Dis welbekend dat Meryl se loopbaan van krag tot krag gegaan het, en ook Don se werk as beeldhouer het wêreldwyd aandag getrek. Maar ondanks albei se sukses het hulle mekaar eerste gestel.

“Ons huwelik, ons kinders en hul welstand beïnvloed al die besluite wat ons neem,” het Meryl al oor haar lewe saam met Don gesê.

Mamie (40), Grace (37) en Louisa (32) het in Meryl se voetspore gevolg en aktrises geword, terwyl Henry (43) ’n musiekloop­baan gekies het.

“Don was baie betrokke by die kinders,” het Meryl in 2019 gesê. “Hy was ’n meer ontspanne ouer as ek. Ek was ’n helikopter­ma.”

Sy bewonder haar man vir sy geduld met haar. “Ek is seker dit was nie maklik om met ’n aktrise getroud te wees nie. Maar as julle mekaar ruimte gee, bring dit ook nabyheid. En tyd is steeds die beste ding wat ons mekaar kan gee.”

Meryl het bygevoeg sy voel gelukkig dat sy ’n man gevind het wat goed genoeg oor homself voel dat hy nie deur haar sukses bedreig word nie. “Ek is dankbaar ek het ’n maat wat altyd vir die kinders gesorg het sodat ek nie skuldig hoef te gevoel het wanneer ek vir maande vir werk moes afvat nie.”

Tog het sy nie voorgegee alles het altyd seepglad verloop nie. In 2002 het sy gesê die geheim vir ’n suksesvoll­e huwelik is “toegeneent­heid en buigsaamhe­id – en om af en toe jou mond te hou”.

Sy het haar huwelik gekoester. “Ek weet nie wat ek sonder my man sou doen nie,” het Meryl in ’n ander onderhoud in daardie tyd gesê. “Ek sou dood gewees het, minstens emosioneel dood, as ek hom nie gehad het nie. Hy is die beste.”

Toe sy in 2012 die Oscar wen vir haar vertolking van Margaret Thatcher in The Iron Lady, het sy haar toespraak begin deur Don te bedank. “Ek gaan Don eerste bedank, want as jy jou man aan die einde van die toespraak bedank, speel hulle die musiek daaroor. En ek wil hê hy moet weet alles in ons lewe waaraan ek die meeste waarde heg, het ek by hom gekry.”

HOEWEL niemand die egskeiding voorspel het nie, was daar met terugskoue tog tekens dat iets aan die broei was. Don, wat dekades lank pal aan Meryl se sy was, was die afgelope vyf jaar meteens afwesig. Hul laaste gesamentli­ke openbare verskyning was by die Oscars in 2018. Hulle sou toe reeds ’n jaar van bed en tafel geskei gewees het, hoewel hulle op die rooitapyt nog heel liefies gelyk het. Don het sy arm om Meryl drapeer waar sy in ’n Christian Dior-rok geskitter het.

Die egpaar het die meeste van hul huweliksja­re tussen hul plaashuis in Connecticu­t, waar Don se ateljee is, en hul huis in New York verdeel.

Niemand het aanvanklik veel daarvan gedink toe die aktrise ’n huis duisende kilometers daarvandaa­n in Pasadena, Kalifornië, gekoop het nie. Ryk mense koop mos maar net gedurig huise, het mense gesê.

Nou maak dinge meer sin.

Die rede vir hul skeiding is nog nie duidelik nie, en niemand verwag hulle gaan hul vuil wasgoed in die openbaar was nie. Daar is ook geen duidelike planne vir ’n amptelike egskeiding nie, of minstens geen planne wat hulle in die openbaar gedeel het nie.

Regskenner­s sê wanneer egpare in hul 70’s skei, is dit nie ongewoon dat hulle bloot na verskillen­de huise trek en hulself die moeite van ’n formele egskeiding spaar nie. Gegewe dat Meryl en Don beroemd is, sal hulle waarskynli­k ook die ergernis van ’n hofproses waaroor in die media berig sal word eerder vermy.

Dis dalk slegte nuus vir mense wat gehoop het om ’n bietjie sensasie in die poniepers te lees, maar die aanhangers wat Meryl goedgesind is, sal haar waarskynli­k dié waardiger einde aan haar lang huwelik gun.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ?? Die gesin: (van links) Henry, Louisa, Grace, Meryl, Mamie en Don. In ’n onderhoud het Meryl al gesê die welstand van hul kinders beïnvloed al die besluite wat sy en Don neem.
GALLO IMAGES/GETTY IMAGES Die gesin: (van links) Henry, Louisa, Grace, Meryl, Mamie en Don. In ’n onderhoud het Meryl al gesê die welstand van hul kinders beïnvloed al die besluite wat sy en Don neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa