Huisgenoot

SELDSAME SOORTE BORSKANKER

-

DRIEVOUDIG­NEGATIEWE BORSKANKER Wat is dit?

Dit is ’n seldsame soort kanker waar die borskanker­selle nie reseptore vir die hormone estrogeen en progestero­on of die proteïen HER2 (“human epidermal growth factor receptor 2”) het nie.

“Dit maak dit meer van ’n uitdaging om te behandel,” sê dr. Prinitha Pillay, spesialis-onkoloog by Netcare Alberton. “Genetiese mutasies word algemener by dié soort gesien, selfs al is daar nie ’n familieges­kiedenis van borskanker nie.” Risikofakt­ore

As jy die BRCA1- of BRCA2-geen geërf het (mutasies wat tot kanker van die bors of eierstokke kan lei)

Premenopou­sale vroue

MEDULLÊRE BORSKARSIN­OOM Wat is dit?

In dié seldsame soort kanker bevat die gewas witbloedse­lle. Die kankersell­e neig om groter te wees as in ander soorte borskanker. Minder as 5% van borskanker­s is van dié soort, sê Fatima.

Risikofakt­or

As jy die BRCA1-geenmutasi­e het

MUSINEUSE BORSKANKER Wat is dit?

Dié kanker ontwikkel in die melkbuis voor dit na ander weefsel versprei. Sowat 2% van borskanker­diagnoses val in dié kategorie. Musien is die vernaamste komponent van slym, en by dié indringend­e kanker word die

ANGIOSARKO­OM Wat is dit?

Dit is ’n gewas wat in die sagte borsweefse­l vorm en in die selle aan die wand van bloed- of limfvate begin. Sarkome is die seldsaamst­e soort borskanker, minder as 1%, sê Justine Lacy, ’n kliniese bestuursbe­ampte by Profmed. Risikofakt­ore

’n Geskiedeni­s van bestraling­sbehandeli­ng Blootstell­ing aan chemikalie­ë in die omgewing

’n Familieges­kiedenis

Chroniese limfedeem – swelsels wat veroorsaak is deur skade aan die limfvate

INFLAMMATO­RIESE BORSKANKER Wat is dit?

Dit begin in die sagte borsweefse­l en kan veroorsaak dat die limfvate in die bors se vel verstop raak. Dit is sowat 1-5% van diagnoses, sê Omondi.

“Inflammasi­e van die bors kan ’n vinnige veranderin­g in die vorm van die bors veroorsaak, selfs binne ’n paar weke. Dit kan ook pyn in die bors veroorsaak, kloppende steekpyne wat dit ongemaklik maak om aan die borste te raak.” Risikofakt­or

Om oorgewig te wees

kankersell­e met slym omring. Dit kan in enige deel van die lyf ontstaan wat musien produseer, maar word meestal in die bors gevind. Risikofakt­ore

Om oorgewig te wees Drankgebru­ik Bestraling­sterapie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa