Huisgenoot

VELDSLAG OOR ONS VAKANSIE

-

Ek en my man is al meer as ’n dekade getroud en het drie kinders waarvan die oudste volgende jaar hoërskool toe gaan. Tot nou toe het ons ons begroting laat klop. Die ekonomie begin egter nou knyp.

Dit is ’n tradisie in my man se familie dat almal na ’n sekere oord gaan om Kersfees te vier. Ek het ’n maand gelede gemaan dat ons dit nie vanjaar kan bywoon nie.

Die geld vir petrol alleen is ’n nagmerrie, en ons deel van die kosrekenin­g gaan ons begroting ’n ernstige knou gee.

Met die skoolfonds wat aansienlik gaan styg, nuwe uniforms, ensovoorts, moes ek met ander oë na ons geldsake kyk.

Nou het ek uitgevind my man het ’n redelike bedrag by die bank gaan leen liewer as om vir sy familie te sê ons kan nie saamkuier nie. Die rusie wat gevolg het, was lelik.

Hy weier om die lening te kanselleer, en ek hou voet by stuk ons moet binne ons vermoë leef. Ek is só kwaad vir hom. Ek gaan by my plan hou en Kersfees tuisbly. Hy is vasberade dat die familie nie weet van ons situasie nie.

Tree ek verkeerd op?

Die ekonomie slaan almal hard. Dit sal nie verbasend wees as ander lede van die familie ook paniekerig is oor die vakansie nie. Niemand word die prysstygin­gs gespaar nie.

Enersyds het ek begrip vir jou man wat probeer om jul finansies privaat te hou en jul reputasie as ’n suksesvoll­e egpaar te bewaar.

Aan die ander kant is niks so belangrik soos om realisties oor ’n huishoudel­ike begroting te wees nie. Jou man moet maar sy trots in sy sak steek wat die familie betref en oop kaarte speel. Ek is seker hulle sal verstaan.

Kenners maan ons om geen onnodige skuld aan te gaan in hierdie ekonomiese klimaat nie. Jy is absoluut reg om vooruit te beplan en slaggate te vermy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa