Huisgenoot

Dokkiefees HABITS OF GEN Z

Van ’n kykie na Generasie Z tot onthulling­s deur bekende sterre – maak seker dié dokumentêr­e reekse en flieks is op jou kyklys

-

Wonder jy soms hoe die jong mense se koppe werk? Of dalk is jy deel van dié generasie wat met hul anderste uitkyk op die wêreld die strukture van ons samelewing uitdaag en ontwrig.

M-Net ontsluit vir ons die enigmaties­e wêreld van Generasie Z – gebore tussen 1997 en 2012. Skuif reg vir boeiende insigte en lewensuitk­yke in die mini-dokkiereek­s Habits of Gen Z. Die vyfdelige reeks sal plaaslike jong mense se lewens, invloede en aspirasies ondersoek.

Die TV-aanbieder Maps Maponyane, die akteur Siv Ngesi en die Afrikaanse TikTokker Aletta de

Kock is van diegene wat in die reeks kom gesels en hul menings deel.

Waldimar Pelser, M-Net se direkteur vir premiumkan­ale, beskryf die program as innoverend en dinamies.

“Habits of Gen Z is ’n boeiende dokkiereek­s wat ons persepsies sal uitdaag en hopelik begrip tussen verskillen­de generasies sal bevorder.

“Dit is ’n ervaring wat jou oë sal oopmaak en hopelik tot betekenisv­olle gesprekke in gesinne sal lei. Deur die gaping tussen generasies te oorbrug hoop ons as ’n kanaal om gesinne aan te moedig om saam te kom, meer oor mekaar te leer, en dit wat ons almal saambind te vier,” sê hy.

Openhartig­e gesprekke is in die reeks te sien oor waardes, identiteit, seks, dwelms, diversitei­t, die verlede en die toekoms. Perspektie­we word gedeel van verwante stemme van reg oor die land, wat Gen Z tot Millenniër­s verteenwoo­rdig en ook Gen X en selfs ’n paar Baby Boomers. 2023. 5 EPISODES. 16. DONDERDAE OM 21:00 OP M-NET (DSTV-KANAAL 101). OOK OP DSTV CATCH UP EN DSTV STREAM BESKIKBAAR.

Saamgestel deur JODY-LYNN TAYLOR

Jy ken hom dalk as Rocky Balboa of John Rambo, maar die Amerikaans­e akteur Sylvester Stallone se eie lewensverh­aal kon in werklikhei­d netsowel ’n fliek gewees het.

Trouens, die nuwe Netflix- dokumentêr­e fliek handel net soveel oor sy lewe en loopbaan as oor die vele ikoniese karakters wat hy al oor die jare gespeel het.

Sly werp lig op die 77-jarige ster se moeilike kinderjare, wêreldwye roem en lewenslang­e berou.

Dit bevat ook insiggewen­de onderhoude met sy Rocky-medester Talia Shire, broer Frank Stallone jr. en mede-akteur Arnold Schwarzene­gger wat oor hom gesels.

Sylvester se loopbaan, wat oor meer as 50 jaar strek, sluit onvergeetl­ike fliekreeks­e soos Rocky, Rambo en The Expendable­s in.

Hy het die ikoniese boksfliek Rocky (1976) self geskryf en toe ook die hoofrol vertolk en so sy visie verwesenli­k. Dit was nommer een by die loket en het ’n Oscar gewen vir beste oorspronkl­ike draaiboek, maar het nie sy pad makliker gemaak nie.

In Sly praat hy openhartig oor sy loketflops, en hoe die moeilikhed­e wat hy in sy beroep ervaar het hom net vorentoe gedryf het.

2023. 96 MIN. 13. OP NETFLIX BESKIKBAAR.

 ?? ?? Die TV-aanbieder Maps Maponyane kom gesels saam in die insiggewen­de mini-dokkiereek­s
Habits of Gen Z.
Die TV-aanbieder Maps Maponyane kom gesels saam in die insiggewen­de mini-dokkiereek­s Habits of Gen Z.
 ?? ?? Sy liefde vir flieks het in sy kinderjare begin as ’n manier om te onstnap. Van buiteperd tot Hollywoodl­egende, in dié dokumentêr­e fliek vertel Sylvester Stallone sy storie.
Sy liefde vir flieks het in sy kinderjare begin as ’n manier om te onstnap. Van buiteperd tot Hollywoodl­egende, in dié dokumentêr­e fliek vertel Sylvester Stallone sy storie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa