Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer). STADIGE VRYER

Koos en Saartjie gaan al twaalf jaar vas uit, maar sy wag steeds dat hy haar die jawoord moet vra.

Een Sondagmidd­ag terwyl die ou mense slaap, skraap Saartjie al haar moed bymekaar en vra: “Koos, moet ons nie maar trou nie?”

Hy kyk verbaas na haar en antwoord: “Maar wie sal nou in ons twee belangstel?”

CHARLOTTE PETERSEN

NIE ALWEER NIE

’n Boer, ’n Skot en ’n Engelsman stap by ’n kroeg in.

Die kroegman gee hulle een kyk en vra nors: “Wat is dit dié, die een of ander grap?”

LOUISE NOETH

BEURTKAMP

Eskom het my vir die res van my lewe van kampeer genees. Geen krag, geen TV, geen Wi-Fi, jy moet kosmaak oor ’n vuur . . .

En dan het jy nog nie eens by jou hek uitgery nie.

HESTER, NAMIBIË

DINK WEER

Mike aan Kallie: “Ek was baie naby daaraan om my vrou te los. Maar nadat ek vir so ’n halfuur aanlyn was, het ek baie beslis anders besluit.”

Kallie: “Hoe so?”

Mike: “Het jy gesien wat kos ’n skottelgoe­dwasser deesdae?”

WOLLIE, PRETORIA

EERLIK

Koos was by ’n ramparty. Effe gekletter ry hy huis toe, maar word deur ’n verkeersma­n voorgekeer. Dié steier terug van die walms toe Koos sy venster afdraai en hy gryp summier na die blaaspypie.

“Asseblief, moenie my laat blaas nie,” pleit Koos, “ek het twee bottels whiskey wat jy kan kry.”

“Meneer probeer jy my omkoop, ek is nie daardie soort nie,” sê die verkeersma­n streng.

Koos dink vinnig: “Goed, gee my R5 per botttel.”

Verkeersma­n: “Dankie, ek sal al twee vat.”

JOHAN H, GONUBIE

SLORDIG

Eva loop by die vyeboom verby en sien ’n klomp blare onder die boom lê.

Kwaai sê sy vir Adam: “Hoekom lê jou klere alweer die hele wêreld vol?”

SAN MARCHAND

MAAK REG WAT KROM IS

Al ou Mike se pelle was bly toe hy eindelik werk kry by ’n vrugtepakh­uis. Maar toe word hy sommer ná die eerste dag afgedank . . .

Die rede: Hy het al die krom piesangs reguit gebuig.

ANTON, BELLVILLE

BABATAAL

Die kinderlose egpaar moes baie lank wag om ’n baba te kan aanneem en was oorstelp van vreugde om te hoor ’n Russiese wesie is beskikbaar.

Op pad terug van die aannemings­entrum af stop hulle eers gou by ’n plaaslike kollege om vir aandklasse in Russies in te skryf.

“Hoekom wil julle Russies leer?” vra die assistent terwyl sy hul registrasi­evorms nagaan.

Trots antwoord die nuwe pa: “Wel, wanneer ons baba begin praat, wil ons hom mos kan verstaan!”

LOUISE NOETH

HUWELIKSKW­AAL

Die man kla van hoofpyn en sy vrou druk ’n koel lappie teen sy voorkop.

“Wie het voor ons getrou het lappies op jou voorkop gedruk,” vra sy koketterig.

“Niemand nie,” antwoord hy nors. “Voor ons huwelik het ek nie hoofpyne gekry nie.”

WOLLIE, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa