Huisgenoot

JOU STERRE

-

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Dit lyk of jy nie vandeeswee­k ’n uitlaatkle­p vir jou woede of frustrasie het nie. Loop lig en moenie die noodlot tart nie. Dit is ’n tyd om deernis te betoon, veral teenoor ’n behoeftige familielid of iemand in jou uitgebreid­e familie wat in ’n moeilike situasie is. Wees vrygewig, want dit is goed om te deel. Wanneer die son op die 22ste by jou teken inbeweeg, sal jy weer jou ou self wees.

GELUKKIGE NOMMERS

3, 33, 38, 45, 36, 16

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Wees gewaarsku dat jy dalk rondom die 18de met vriende kan koppe stamp. Jy is waarskynli­k keelvol vir iemand se aanstootli­ke gedrag. Dit is die regte tyd om jou te laat geld, jou standpunte te stel en vir hierdie mens aanbevelin­gs te maak. Wanneer jy eers weet jy word ernstig opgeneem, moet jy ’n sagter benadering begin volg en wys dat jy regtig omgee. ’n Stil fase begin op die 22ste. Dit is ’n goeie tyd om jou batterye te herlaai. GELUKKIGE NOMMERS

8, 15, 31, 32, 29, 10

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Dit is ’n besonder belangrike week vir jou in jou loopbaan. Jy moet jou laat geld om jou gebied te verdedig. ’n Mededinger daag jou waarskynli­k uit vir jou posisie of ’n bevorderin­g. Jou reaksie gaan afhang van hoeveel dit vir jou beteken en moet weerspieël wat vir jou belangrik is. Vir jou gaan dit oor veel meer as net die geld. Dit

gaan oor integritei­t, spangees en lojaliteit. GELUKKIGE NOMMERS 49, 24, 11, 3, 12, 46

VISSE

19 FEB – 20 MAR

Dit is nie die beste week om by regsake betrokke te raak of dit uit te daag nie, veral as jy geneig is om oorboord te gaan of kop te verloor. Niemand wil ’n spektakel van hulself maak nie, al lyk dit ’n bietjie soos ’n sepie. As jy jou punt wil oordra, doen dit slim pleks van uitdagend. Jy het ’n reputasie om te beskerm en van die 22ste af sal dit by die werk sterker na vore kom. GELUKKIGE NOMMERS

10, 17, 30, 43, 29, 14

RAM

21 MRT – 19 APR

Jy is vandeeswee­k ywerig en vol lewenslus en dryfkrag wanneer jou heerser, Mars, op die 18de met die lewegewend­e son saamsmelt. Jy word net beperk deur wat jou verbeeldin­g kan oproep. Laat jou fantasie vir jou meer van jou wense en begeertes vertel. Jou ander kant kom dalk as hardekwas of aanvallend na vore, maar daar is geen verskoning vir swak gedrag nie. Ná die 22ste verloop die lewe vir jou gladder.

GELUKKIGE NOMMERS

5, 11, 39, 43, 38, 7

BUL

20 APR – 20 MEI Vandeeswee­k kan al die opgeboude emosies, frustrasie­s en seerkry tussen jou en jou lewensmaat uit blote irritasie oorborrel. ’n Goeie, skoon rusie kan die lug suiwer, maar dit is te afbrekend om belediging­s rond te slinger. Kies jou geveg versigtig en hou skadebehee­r in

gedagte. Ná die 22ste sal die donker wolk lig en ’n nuwe, meer optimistie­se stemming seëvier.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 42, 50, 51, 43, 27

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Dit is nie die maklikste week om met jou kollegas oor die weg te kom nie, en jy moet oppas dat jou geneigdhei­d om mense te terg nie as uitlokkend vertolk word nie. Dit lyk of daar volop verskille is, en frustrasie kan in rusies en beskuldigi­ngs oorkook. Al moes dit lankal gebeur het, is dit nie opbouend of positief nie. Gebruik jou humor om die toon te versag en te maak dat mense hulself minder ernstig opneem. GELUKKIGE NOMMERS

4, 12, 27, 50, 18, 8

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Dit lyk of jy vandeeswee­k net nie genoeg pret en genot kan kry nie en daar is geen rede waarom nie. Jy is van nature ’n saggeaarde siel. Let daarop dat jy nie te hard of streng met kleintjies is nie, veral die stoutes. As jy in ’n bui is vir ’n waagstuk, herinner jouself om net dit op die spel te plaas wat jy bereid is om te verloor. Dit is dalk tyd om aan ander maniere te dink om opwinding te kry, want dit lyk of dit is wat jy soek.

GELUKKIGE NOMMERS

8, 20, 44, 48, 22, 12

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Die planeet van woede en aggressie, Mars, ontmoet op die 18de jou heerser, die son. Dit bring heel moontlik die kant van mense na vore wat nie so mooi is nie. Jy word dalk maklik uitgelok, raak gou kwaad of gedra jou op ’n manier wat anders as jou gewone waardige self is. Dit alles gebeur in die domein van huis en gesin, en jy wil regtig nie ’n familiegev­eg ontketen of daarby betrokke raak nie. Kyk na die groter prentjie en vind ’n uitweg uit die gemors.

GELUKKIGE NOMMERS

15, 27, 38, 51, 32, 21

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy is hierdie week glad nie in ’n bui vir doekies omdraai nie. Maar voor jy lostrek en verhouding­s bederf, moet jy eerder gaan sit en alles neerskryf wat jy wil sê. Sodoende kan jy oor die saak slaap, jou woorde die volgende dag weer lees en dit aanpas waar jy voel dit nodig is. Soms kan woorde meer skade aanrig as wat bedoel is. Wees medelydend en doen dit op ’n menslike manier.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 28, 39, 52, 33, 17

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jou lewensmaat het skynbaar nie meer geduld oor om ’n uitgerekte en voortslepe­nde geldsage te hanteer nie. Jy moet eerder jou onderhande­lingstakti­ek inspan en hulle kalmeer voor hulle die pad byster raak. Dit is een ding om te baklei vir dit wat joune is en ’n ander ding om kwaad te raak vir die ontwil van kwaad raak. Jy is ’n meester daarmee om mense te oorreed om redelik en regverdig te wees. Nou is die tyd om jou goeie onderhande­lingsvaard­ighede te toon.

GELUKKIGE NOMMERS

7, 21, 32, 36, 25, 8

 ?? ??
 ?? Deur PETRA DU PREEZ ??
Deur PETRA DU PREEZ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa