Huisgenoot

SHUDU HOU AAN INSPIREER

Die voormalige MEJ. SUID-AFRIKA spog met haar tweede KINDERBOEK én eie SWEMDRAGRE­EKS

-

SY VIND HAAR STEM

Shudufhadz­o Musida, Mej. Suid-Afrika 2020, is as kind erg afgeknou toe sy na ’n nuwe provinsie verhuis het en ’n nuwe skool moes bywoon. Haar eerste kinderboek, Shudu vind haar sprankel, is twee jaar gelede gepublisee­r en is deur dié afknouery geïnspiree­r. Die boek is in ses Suid-Afrikaanse tale, insluitend Afrikaans, beskikbaar.

Nou wil sy kinders help om hul eie stem te vind. Die skoonheids­koningin se tweede kinderboek, My naam is Shudu: Ek vind my stem, ek ken my waarde, is nou op die rakke.

“Dit is ’n boek oor identiteit, dapperheid, vergifnis, vriendskap­pe, die krag van gemeenskap, maar bowenal die krag van jou stem,” vertel sy. “Dit beskryf die stryd waardeur ek geestelik gegaan het met my selfbeeld, selfbewust­heid en die afknouery wat ek verduur het.”

Die boek is gemik op kinders tussen ses en 10 jaar oud en is in vyf tale beskikbaar.

“Dis geskryf vir kinders, maar ek glo dis geskryf vir ons almal se innerlike kind.

“’n Mens is nooit te oud om iets te leer nie, en jy is nooit te oud om te genees nie.”

SY VIER VROUE

Haar eie swemdragre­eks, Imbe, is net betyds vir die somer. Die naam is kort vir “Imbelani”, wat in Venda om te sing of te prys beteken. Imbe is in Julie in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie se televisier­eeks, Crown Chasers, bekendgest­el toe die deelnemers ’n fotosessie in Mauritius gedoen het. “Ons wou hê vroue moet hul liggaam vier,” sê Shudu. “As iemand wat voorheen met liggaamsdi­smorfie geleef het, was dit moeilik om in ’n ruimte te wees waar dit gevoel het my liggaam word nie regtig verteenwoo­rdig nie.

“Ek was in die modelbedry­f en ’n liggaam soos myne is nooit regtig gesien nie.

“Ek het twee ongeloofli­ke vroue op my pad ontmoet en het die swemdragre­eks saam met hulle begin.” Imbe is dus ’n handelsmer­k vir vroue deur vroue.

“Dit is ’n pragtige eerbetoon aan my Venda-kultuur, maar dit is ook ’n liefdeswer­k vir alle vroue wat al ooit gevoel het hulle word nie verteenwoo­rdig nie.”

 ?? ?? Met haar tweede kinderboek wil sy kinders help om hul stemme te vind. Shudufhadz­o Musida spog met haar eie swemdragre­eks vir vroue deur vroue.
Met haar tweede kinderboek wil sy kinders help om hul stemme te vind. Shudufhadz­o Musida spog met haar eie swemdragre­eks vir vroue deur vroue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa