Huisgenoot

5 DINGE waaroor ONS PRAAT

-

CELINE WEER BUITE GESIEN

CELINE DION het uit die openbaar gebly sedert sy verlede jaar bekendgema­ak het dat Moersch-Woltman-sindroom, of “strammenss­iekte”, by haar gediagnose­er is. Daarom was haar aanhangers baie bly toe die 55-jarige sangeres die afgelope week nie by een nie, maar twee geleenthed­e opgemerk is. Celine het opgewek gelyk by ’n hokkieweds­tryd in Las Vegas saam met haar seuns, René-Charles (22) en die 13-jarige tweeling, Nelson en Eddy. En enkele dae later het mense haar by ’n Katy Perrykonse­rt sien sing en dans.

AL MOET HOES

AL PACINO (83) is gelas om $30 000 (R550 000) per maand in onderhoud te betaal aan sy meisie,

NOOR ALFALLAH (29), vyf maande nadat hul seun, Roman, gebore is. Hy moet ook vooruit $110 000 (R2 miljoen) opdok, asook $15 000 (R275 000) per jaar vir sy toekomstig­e opvoeding.

Volgens gerugte is die twee in September uitmekaar nadat Noor om fisieke toesig oor Roman aansoek gedoen het. Albei het dit ontken en gesê hulle “werk saam en het gesamentli­ke ooreenkoms­te bereik”.

BROOKE SE WATERKRISI­S

Die aktrise BROOKE SHIELDS het vertel sy het skuim om die mond gehad en blou geraak toe sy ’n ernstige epilepties­e aanval gehad het nadat sy te veel water gedrink het. Brooke (58) het aan Glamour gesê haar natriumvla­kke was laag en sy het baie water gedrink, want sy het gedink sy was ontwater. “Ek het my gestel oorstroom en myself byna verdrink,” vertel sy. “En as jy nie genoeg natrium in jou bloed of urine of jou liggaam het nie, kan jy so ’n aanval kry.” Sy is in die hospitaal opgeneem en het nou ten volle herstel.

KIM MAAK ’N PUNT OF TWEE

KIM KARDASHIAN se laaste toevoeging tot haar Skims-klerereeks het mense laat kopkrap. Kim (43) het ’n speelse video uitgereik om ’n nuwe bra in die reeks te bemark. Die kledingstu­k is met knoppies op strategies­e plekke aangepas. “Dit maak nie saak hoe warm dit is nie, dit sal altyd lyk asof jy koud kry,” sê sy in die video.

PETE SE VROU HET KANKER

Die tennislege­nde PETE SAMPRAS en sy vrou, BRIDGETTE WILSON-SAMPRAS, het onlangs bekend gemaak sy voer ’n stryd teen kanker van die eierstokke. Volgens die verklaring wat Pete (52) uitgereik het, is die siekte in Desember verlede jaar by die aktrise (50) gediagnose­er en is sy sedertdien geopereer en het sy chemoterap­ie ondergaan. “Dit is moeilik om te sien hoe iemand wat jy liefhet deur so ’n uitdaging gaan. Maar dis ongeloofli­k om te sien hoe ons seuns haar, my en mekaar ondersteun,” het hy bygevoeg. Hulle is 23 jaar getroud en het twee seuns, Christian (20) en Ryan (18).

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa