Huisgenoot

MY VRIENDE IGNOREER MY NÁ MY OORMAAK

-

My hele lewe was ek effens plomp en aan die korterige kant. As tiener het ek ernstige aknee gehad wat my selfvertro­ue geknou het. My kleresmaak het ook nie bygedra dat ek goed lyk nie.

My vriendinne het my aanvaar soos ek is. Ons groepie het sedert universite­it ’n hegte band.

Ná ’n paar mislukte toe-oë-afsprake het ek met ’n geheime plan begin. ’n Jaar lank het ek elke sent gespaar wat ek kon en in my verlof het ek ’n maand lank verdwyn en myself in die hande van ’n leefstylaf­rigter begeef.

My eerste dag terug het niemand my herken nie. Ek het ’n epiese oormaakses­sie ondergaan.

My lyf het nou vorm, my vel lyk fantasties, ek dra modieuse klere, en ek lyk langer omdat ek geleer het om hakke te dra.

My haarstyl is een vir die boeke. Ek het gedink my vriendinne sal vir my bly wees, maar helaas, soveel negatiwite­it en lelike aanmerking­s het ek nie verwag nie. Hulle nooi my nie meer saam wanneer hulle uitgaan nie en dit voel asof hulle my isoleer.

Ek voel fantasties, maar hul gedrag versuur die ervaring.

Hoekom doen hulle dit?

Baie geluk met die nuwe jy. Dit verg waagmoed, en ek kan dink dat dit nie goedkoop was nie. Wat jy van jou vriendinne ervaar, is doodgewone, giftige jaloesie. Die ou jy was ’n veilige vriendin. Nou’t hulle vrese. Die eerste vrees is dat jy een van hul kêrels kan afrokkel. Die tweede is dat jou persoonlik­heid dalk saam met jou voorkoms verander het en julle nie meer as ’n groep oor die weg sal kom nie.

Die beste is dat jy almal om ’n tafel bymekaarkr­y en sê wat jy van hul kant af ervaar. Verseker hulle jy is nog dieselfde mens en jul vriendskap is kosbaar.

As hul gedrag negatief bly, is jou enigste opsie om hulle vaarwel toe te roep. Die lewe is te kort om te wag tot hulle die nuwe jy aanvaar.

‘MOET ASSEBLIEF NOOIT LUSTELOOSH­EID EN LAE ENERGIEVLA­KKE IGNOREER NIE’ – IRMA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa