Huisgenoot

BROCCOLI -&- BEESVLEISR­OERBRAAI

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN. ROERBRAAI

300 g steak of eenminuuts­teak, in repies gesny

5 ml (1 t) Chinese vyfspesery­e sout, na smaak 60 ml (¼ k) meel olie, vir vlakbraai 2-3 rooi brandrissi­es, gekap 2 knoffelhui­sies, gekap

5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun stokkies gesny 30 ml (2 e) ligbruinsu­iker

30 ml (2 e) heuning 30 ml (2 e) sojasous 5 ml (1 t) vissous 350-400 g broccoli, in kleiner boompies gebreek

100 g geroosterd­e kasjoeneut­e of 50 g geroosterd­e grondboont­jies

RYS

30 ml (2 e) olie 2 eiers, geklits 4 stingeluie, gekap 750 ml (3 k) gaar basmatirys, goed gedreineer ’n knippie witpeper sout, na smaak

1 Roerbraai Geur die steakrepie­s met die speserye en geur met sout. Sprinkel die meel oor en meng goed deur. 2 Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai. Skud enige oortollige meel van die steakrepie­s af. Braai die repies in sarsies tot bros, skep uit en dreineer op kombuispap­ier. 3 Giet die meeste van die olie uit die pan uit. Voeg die rissies, knoffel en gemmer in die pan by en roerbraai tot geurig.

4 Meng die suiker, heuning, sojasous en vissous saam en giet in die pan. Roer goed deur en voeg die broccoli by. Roerbraai ’n minuut. Voeg die vleisrepie­s by en verhit.

5 Roer die kasjoeneut­e of grondboont­jies by, haal van die hitte af en hou eenkant.

6 Rys Verhit die olie in ’n diep pan. Giet die eiermengse­l by en roerbraai ’n paar sekondes tot gestol. Skep die eier uit en voeg die stingeluie by. Roerbraai tot gaar.

7 Voeg die rys by en roer die eier by. Geur met die witpeper en sout na smaak. 8 Sit die broccoli-enbeesvlei­sroerbraai voor saam met die eierrys.

 ?? ?? * BROCCOLI-ENBEESVLEI­SROERBRAAI
* BROCCOLI-ENBEESVLEI­SROERBRAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa