Huisgenoot

BELEEF MY MAN ’N MANLIKE MENOPOUSE?

-

Die afgelope tyd doen my man die eienaardig­ste goed. Hy eet ewe skielik soetgoed, beplan elke naweek ’n ekskursie soos ’n kamp of ’n konsert, en toets nuwe motors by elke handelaar moontlik. Genadiglik het hy nog niks aangeskaf nie.

Die grootste verrassing is dat hy by ’n gim aangesluit het. Nou is hy vyfuur soggens op pad om te gaan oefen. Dít nou ’n man wat altyd so laat as moontlik gelê het.

Hy koop klere wat glad nie by hom pas nie, maar beweer dit laat hom goed en jonger lyk. Hy praat ook van dat dit dalk die ideale tyd is vir die eilandvaka­nsie wat ons nog altyd wou meemaak.

Ons kinders is tieners en skud maar net hul kop oor hul pa. Wat moet ek nou van al dié dinge dink? Is hy besig met manlike menopouse? Hy is 49 jaar oud.

Baie mans gaan op daardie ouderdom deur hierdie fase. Daar is twee moontlikhe­de:

Manlike menopouse

Dit is nie ’n skielike veranderin­g in testostero­onvlakke by mans nie. Veranderin­g vind teen die pas van 1% per jaar plaas. Dit word nie die menopouse genoem nie – net vroue beleef dit.

Maar mans kan tog ’n soort veranderin­g beleef wat hul gemoedstoe­stand beÏnvloed. Simptome het meestal nie met hormoonvla­kke te doen nie, maar kan verband hou met stres, angs en depressie.

Dit sluit in:

■ Buie wat fluktueer

■ Lae energievla­kke

■ Lae libido

■ Depressie

■ Swak slaap en altyd moeg

■ Swak konsentras­ie

■ Soms swak geheue

■ Hy is ongemotive­erd

Middeljare­krisis

Dit is die tweede moontlikhe­id en dit gebeur wanneer mans hul 50’s bereik en begin besef die helfte van hul lewe is verby. Hulle raak dan angstig en bevraagtek­en alles wat hulle tot dusver in hul lewe bereik het. Hulle wonder ook oor wat hulle in hul beroep bereik het en voel dikwels hulle skiet ver te kort.

Nou wil hulle inhaal. Wat vir ons vreemd lyk, is vir hulle logiese optrede. Hulle begin dinge doen wat hulle gelukkig laat voel of ’n adrenalien­inspuiting gee. Die risiko is dat hulle met ’n motorfiets uit hul jongmandro­me by die huis kan aankom. Of ’n aktiwiteit aanpak wat gevaarlik is en jare se opleiding benodig, soos om Everest uit te klim.

Hierdie is ’n fase. Met slim planne kan jy jou man help om dit te navigeer. Dit gebeur nie met almal nie, maar hoef nie ’n slegte ervaring te wees nie.

Ek vermoed jou man beleef eerder ’n krisis as menopouse. Die beste raad wat ek jou kan gee, is om hom te oorreed om sy dokter te besoek. Die dokter sal bloedtoets­e doen om te bevestig of jou man gesond is en ’n goeie hormoonbal­ans het.

Hy moet ook werk maak van die angstighei­d wat hy oor sy ouderdom beleef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa