Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

SPOORVEROU­DERD

Die wynliefheb­ber van Johannesbu­rg kla steen en been omdat dit deesdae so lank vat om iets met Transnet te laat verskeep.

Hy het ’n ruk gelede ’n paar kissies Twee Jonge Gezellen van ’n Kaapse kelder bestel. Maar teen die tyd dat dit by sy huis opgedaag het, was dit alles Oude Meester.

L. SAAYMAN

SNAAKSE HAPPIE

Hoekom was die kannibale se mae seer nadat hulle die komediant geëet het? Hulle kon nie ophou lag nie.

SAN MARCHAND

EETGEWOONT­ES

Ek is op ’n ligte dieet. Ek eet by daglig, by maanlig en soms by yskaslig.

DENISE, PRETORIA

KEN JOU BOKKE

Wat noem ’n mens ’n Springbok wat al die los balle wen? Kwagga! E. MOELICH

BELOONSTEL­SEL

Klein Jannie se ma vra kwaai: “Hoekom is daar ’n groot, ronde nul op jou toetsvraes­tel?”

Jannie dink vinnig: “Dit is nie ’n nul nie, Ma. Juffrou het nie meer sterretjie­s oorgehad nie, toe gee sy my ’n volmaan!”

JOHANNA RADEMEYER

EINDBESTEM­MING

Ná ’n groot operasie kom die ongewilde politikus in die hospitaal by en sien die gordyne om sy bed is toegetrek. “Hoekom is die gordyne toegetrek?” vra hy verward. “Is dit dan al nag?”

“Nee,” antwoord die verpleegst­er, “maar daar is ’n brand in die gebou oorkant die straat.

“Ons wou nie hê jy moes wakker word en dink die operasie het misluk nie.”

LOUISE NOETH

KWAKPRAATJ­IES

Dokter: “Hoe gaan dit met jou hoofpyn?”

Koos: “Sy kuier by haar ma.” JOHANNA RADEMEYER

VROT VERSEKER

Boer Jan se skuur brand af en sy vrou, San, bel die versekerin­gsmaatskap­py. “Ons het daardie skuur vir R100 000 verseker, stuur asseblief dadelik die geld.”

Agent: “Stadig nou, Mevrou, dit werk nie so nie. Ons stuur eers ’n assessor en as hy tevrede is, gee ons julle ’n ander skuur wat presies dieselfde as die ou een is.”

Onthuts antwoord sy: “As dit is hoe julle werk, moet julle dadelik die lewensvers­ekeringspo­lis op my man kanselleer!”

WOLLIE, PRETORIA

RIEME STYFTREK

Die sakeman het skatryk geword deur dag en nag te werk, maar nou is sy maatskappy besig om bankrot te speel.

Terneerged­ruk vertel hy sy vrou hy gaan hul tuiskok moet afdank om geld te spaar, en dat sy voortaan maar self voor die kospotte sal moet staan.

“Goed,” antwoord sy. “Ons kan nog meer geld spaar as jy vir ’n slag meer aandag aan jou vrou gee, want dan kan ons die tuinier ook afdank.”

SAN MARCHAND

KLAGTES

Koos gaan na die hotel se ontvangsto­onbank. “Verskoon my, maar ’n kennisgewi­ng daar in my kamer sê ek moet ontvangs kontak as ek enige klagtes het.”

“Dis reg, Meneer,” antwoord die ontvangsda­me ewe hulpvaardi­g. “So, wat is die fout?”

Koos: “Nie veel nie. Net ’n bietjie rumatiek en verder slegte spysverter­ing.”

SAN MARCHAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa