Huisgenoot

BOOGSKUTTE­R

- Deur PETRA DU PREEZ

22 NOV – 20 DES

Maak plek vir Mars om by jou teken in te rol en sy strydlusti­ge aard met hom saam te bring. Besluit of jy wil vyande of vriende maak en pas jou gedrag

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Een ding waarvoor jy nie bang is nie, is om die werklikhei­d in die oë te kyk, en vandeeswee­k moet jy heelwat daarvan doen. Dit hou verband met jou inkomste en skuld, veral wat jou huis en/ of eiendom betref. Skuldbestu­ur is ’n vaardighei­d wat baasgeraak moet word, iets waaroor jy die mense wat saam met jou woon dalk moet opvoed. Teen die volmaan op die 27ste behoort jy te weet waar jy staan met ’n kollega wat dalk kluitjies gebak het.

GELUKKIGE NOMMERS

2, 5, 35, 41, 32, 3

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Daar word soms gesê die vriende van ’n Waterdraer dien as hul reddingsbo­ei en word soos familie behandel. Aangesien vriendskap­pe vir jou kosbaar is, sou jy nie geld en sake met daardie vriendskap­pe wou meng nie. Daardie gebied van die lewe lyk op die oomblik troebel. Die beste wat jy kan doen, is om duidelikhe­id van begrip te bring as jy misverstan­de uit die weg moet ruim. Jy wil nie met jou swaarverdi­ende geld dobbel nie. GELUKKIGE NOMMERS

11, 19, 37, 45, 21, 12

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Jy voel waarskynli­k gemotiveer en gedrewe in jou loopbaan wanneer die mededingen­de Mars hierdie gebied op die 24ste binnekom. Maar jy kan ook voel iets hou jou terug, asof jy met die handrem aan bestuur. Luister na jou intuïsie en fokus vir eers daarop om klein doelwitte te bereik dienooreen­komstig aan as dit vir jou belangrik is om met mense in verbinding te wees. Gesagstryd­e by die huis is ’n gegewe, maar dit is nie die tyd om met ’n ystervuis

eerder as grotes om die momentum te behou. Iets wat nou verborge is, sal binnekort duideliker word. GELUKKIGE NOMMERS 1, 20, 46, 47, 42, 14

RAM

21 MRT – 19 APR

Op die 24ste maak jou heersende planeet, Mars, hom in ’n medevuurte­ken, Boogskutte­r, tuis en bring energie en geesdrif met hom saam. Moenie verbaas wees as jy ’n bevlieging van wanderlust kry nie. Dit is die ideale tyd om jou volgende vakansie te begin beplan. Maar jou loopbaan is nou voorop en jy sal vele uitdagings moet trotseer en vure doodslaan. Toon jou volharding­svermoë deur verantwoor­delikheid te aanvaar. GELUKKIGE NOMMERS 28, 31, 40, 51, 36, 30

BUL

20 APR – 20 MEI

Wat agter geslote deure gebeur, bly daar, veral sake wat met jou en jou geliefde se persoonlik­e geldsake verband hou. Deur dit met ’n vriend te deel, stel jy jou aan kritiek bloot terwyl dit in werklikhei­d niks met iemand anders uit te waai het nie. Aan die ander kant kan jy daarby baat vind om ’n emosionele las met ’n vriend te deel wat jy weet jou nie sal oordeel nie. ’n Gedeelde probleem is ’n halwe probleem. GELUKKIGE NOMMERS

7, 18, 36, 50, 23, 10

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

As dit lyk asof jou lewensmaat op die oorlogspad is, het hulle waarskynli­k ruimte nodig om stoom af te blaas. Jy het op die oomblik ekstra verantwoor­delikhede by die te regeer nie. Jou geliefde is die goedhartig­e en medelydend­e een. Volg hul voorbeeld op ’n emosionele vlak.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 25, 35, 36, 31, 21

werk en dit hou jou besiger as gewoonlik. Dit is waarskynli­k ’n goeie ding om te help dat jy gefokus bly, al voel jy dalk in ’n stadium effens oorweldig. Vat tyd af om te rus en te herstel in die tyd van die Tweeling se volmaan op die 24ste. GELUKKIGE NOMMERS 13, 32, 46, 49, 38, 21

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jou pligte en verantwoor­delikhede is vandeeswee­k in die kollig, veral wat jou daaglikse werk betref. Kyk wat gedoen kan word dat jy en jou span doeltreffe­nder kan word om prosedures te verfyn. Hou ’n oog op jou stresvlakk­e, want jy wil nie hê dit moet jou gesondheid begin benadeel nie. Die tyd rondom die volmaan op die 27ste kan emosioneel gelaai wees.

GELUKKIGE NOMMERS

17, 25, 43, 44, 38, 18

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Dit is die tyd van die jaar wanneer die son deur die gebied van jou horoskoop beweeg wat met pret en plesier in verband gebring word. Dit kan eers lyk asof dit ver van die waarheid is, veral aangesien jy nou onder kwaai druk verkeer en stremming ervaar. Dit is weens Saturnus se belemmeren­de invloed, wat ná die 25ste sal afneem wanneer die lewe weer spontaan en vol pret word. Hou jou bestedings­gewoontes dop. GELUKKIGE NOMMERS

13, 21, 27, 31, 22, 17

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Spanning by die huis kan vandeeswee­k in jou liefdeslew­e

oorloop, veral as rusies oor geldbestuu­r of grootmaak van kinders ’n onderwerp van bespreking is. Teen die 27ste lyk dit asof die spanning verminder, maar oppas dat jy nie in die proses die slagoffer gemaak word nie. Probeer dinge in bedwang hou voor jou werklewe ook hierin verstrenge­l raak, veral in die tyd van die volmaan op die 27ste.

GELUKKIGE NOMMERS

4, 20, 40, 50, 23, 11

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Dit lyk asof ander mense vandeeswee­k met jou wil rusie maak, veral familie en vriende. Aangesien jy iemand is wat daarvan hou om konflik te vermy, sal dit moeilik wees. Bly kalm en moenie aan die aas byt nie. Dit kan ’n goeie tyd wees om moeilike onderwerpe te bespreek wat aandag moet kry en opgelos moet word. Moet jou nie steur aan die skindersto­ries wat nou by jou werk die ronde doen nie. GELUKKIGE NOMMERS

1, 5, 29, 40, 24, 2

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jou medeheerse­r, Mars, marsjeer dié week by jou teken uit. Dit maak jou minder kwaad, gefrustree­rd en prikkelbaa­r. Maar die een ding wat jy nou moet verdedig, is jou inkomstest­room en hoe jy jou geld bestee deur in ag te neem dat jy sekere finansiële verpligtin­ge het. Moenie twyfel as jy aan ’n gesondheid­sverwante kwessie moet geld bestee nie. Hoe jy geld met iemand anders deel, kom ook onder die loep. GELUKKIGE NOMMERS 8, 15, 22, 46, 16, 12

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa