Huisgenoot

‘AI’ aangewys as woord van die jaar

-

DIE Collins-woordeboek het die afkorting AI – vir “artificial intelligen­ce” – as hul woord van die jaar aangewys. Die uitgewer sê die gebruik van die woord AI was vanjaar vier keer soveel as in vorige jare.

Die keuse van AI wys volgens Collins hoe diep die impak van kunsmatige intelligen­sie op ons wêreld is, waar innovering en transforma­sie deur die krag van algoritmes en data gedryf word.

Intussen het die Beatles aan die begin van November met behulp van AI ’n nuwe liedjie uitgereik. “Now and Then” is deur John Lennon geskryf, en ná sy dood het sy weduwee, Yoko Ono, dit vir Paul McCartney gegee. Paul en die res van die Beatles het twee ander liedjies in die 1990’s voltooi, maar gesukkel om iets te maak met “Now and Then”.

Nou kon hulle met behulp van AI John se stem isoleer en ’n volle liedjie klaarmaak. Paul en Ringo Starr, die twee oorlewende lede van die groep, het nuwe dele opgeneem. George Harrison, wat in 2001 dood is, se oorspronkl­ike kitaardele word in die liedjie gebruik.

Ander woorde op Collins se lys:

■ Bazball: ’n Aggressiew­e styl van krieket, vernoem na Engeland se krieketafr­igter Brendon “Baz” McCullum.

■ Deinfluenc­ing: Wanneer mense op sosiale media juis afgeraai word daarvan om sekere produkte te gebruik.

■ Nepo baby: Iemand wat gekom het waar hulle is omdat hul ouers wêreldbero­emd is.

■ Ulez: Dit staan vir “Ultra Low Emission Zone” – ’n gebied in ’n stad (die eerste een was in Londen) waar net elektriese karre mag ingaan sonder om ’n groot belasting te betaal

Die Collins-woordeboek het die afkorting AI gekies as hul woord van die jaar vir 2023.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa