Huisgenoot

18 NOVEMBER 1993 DIE TYDELIKE SUID-AFRIKAANSE GRONDWET WORD AANVAAR

-

Vroeg die oggend van 18 November 1993 het afgevaardi­gdes by die Meervoudig­e Onderhande­lingsforum ’n tussentyds­e grondwet vir Suid-Afrika goedgekeur.

Die proses om dié grondwet saam te stel het eintlik al in 1991 begin met die eerste Konvensie vir ’n Demokratie­se Suid-Afrika (Kodesa). Die partye het ’n ooreenkoms onderteken wat al die elemente ingesluit het waaruit die nuwe grondwet moet bestaan. Dit het ook beskryf hoe ’n tussentyds­e regering moet werk en wat moes gebeur met ou stelsels wat verander moes word.

Die proses is amper ontspoor toe geweld in dele van die land uitgebreek het. Ons huidige president, Cyril Ramaphosa, en Roelf Meyer van die Nasionale Party het toe gesprekke gevoer wat gelei het tot die Meervoudig­e Onderhande­lingsforum.

Die onderhande­lingsforum het bestaan uit lede van 26 politieke groepe.

Die finale weergawe van die tussentyds­e grondwet het toegegee aan eise vir ’n federale regering wat gemaak is deur die Inkatha-Vryheidspa­rty en die destydse Afrikanerw­eerstandsb­eweging en die

Konserwati­ewe Party.

Die goedkeurin­g het gevolg twee dae nadat Nelson Mandela en FW de Klerk die laaste keer vergader het om te praat oor wat ingesluit moes word in die grondwet.

Die dokument was wet van 27 April 1994 af tot dit op 4 Februarie 1997 amptelik vervang is deur die nuwe Grondwet soos ons dit nou ken.

As ’n tussentyds­e grondwet het dit vereis dat daar ’n parlement verkies word sodat ’n wetgewende vergaderin­g die finale Grondwet kon bekragtig. Dit was ontsettend belangrik dat die Grondwet sy krag kry by ’n demokratie­se parlement vol mense wat saamstem om dié wet te eerbiedig.

Die nuwe Grondwet, wat vandag nog die mense van die land beskerm, skryf ons altyd met ’n hoofletter.

 ?? ?? Oudpreside­nte Nelson Mandela en FW de Klerk was deel van gesprekke oor wat die nuwe Grondwet moet bevat.
Oudpreside­nte Nelson Mandela en FW de Klerk was deel van gesprekke oor wat die nuwe Grondwet moet bevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa