Huisgenoot

AGTER DIE SKERMS

Huisgenoot het onlangs agter die SKERMS gaan inloer op die stel van die nuwe M-NET-reeks SUMMERTIDE

-

IE reeks van 52 episodes is in Valsbaai verfilm en sal van einde Januarie te sien wees.

Summertide gaan oor die mariene bioloog Martin Field (Frank Rautenbach), wat ná die dood van sy vrou, Julia (Amalia Uys), saam met sy twee kinders Valsbaai toe trek.

Hier begin hy ’n trust om die omgewing te bewaar, maar niks in die lewe verloop maklik nie.

Frank is besonder opgewonde oor die reeks. “Ek’s in die sewende hemel. Ek hou daarvan om stories te vertel, veral stories oor gesinne. Summertide is die perfekte manier om dit te doen,” sê hy.

Die reeks verken die lewe van die Field-gesin en die interessan­te karakters wat oor hul pad kom – elkeen met ’n duister agenda.

Ons ontmoet Martin se ma, Wilma (Terry Norton), en pa, Jack (André Jacobs), ’n afgetrede vlootbevel­voerder.

Martin se kinders, Tristan (Jan Combrink) en Lucy (Evangelina Hallock), sukkel nog om tot verhaal te kom ná hul ma se dood.

Dis nou buiten die gewone druk en spanning wat hulle op skool ervaar.

Dan is daar ook Martin se broer, Gavin (Tyrone Keogh), ’n afgetrede beroepsbra­nderplankr­yer wat ’n klein branderpla­nkwinkeltj­ie bedryf en ’n sorgelose lewe lei.

Martin se eks, Rebecca (Monique Rockman), is ook in die prentjie.

Sy het as ’n bekende Michelinst­ersjef in New York gewerk en gaan nou met Gavin uit.

Die reeks word gemaak deur die televisie-en-fliek-egpaar Corné en René van

Rooyen van Red Letter Day Pictures, wat verantwoor­delik is vir die reeks Alles Malan en ook flieks soos Vaselinetj­ie.

Kykers is verseker van ’n behoorlike drama-ontploffin­g.

“Ons is ongeloofli­k opgewonde oor hierdie nuwe reeks en die kreatiewe span wat daarby betrokke is,” sê Waldimar Pelser, M-Net se direkteur van premium kanale.

“Maak jou reg vir ’n onvergeetl­ike reis saam met ’n outentieke gesin teen die skilderagt­ige agtergrond van Valsbaai.”

 ?? ?? Die reeks speel af in die omgewing van Valsbaai.
Die regisseur Corné van Rooyen kan nie wag om die Fieldsgesi­n aan kykers voor te stel nie.
André Jacobs knip ’n uiltjie.
Die reeks speel af in die omgewing van Valsbaai. Die regisseur Corné van Rooyen kan nie wag om die Fieldsgesi­n aan kykers voor te stel nie. André Jacobs knip ’n uiltjie.
 ?? ?? Monique Rockman en Frank in ’n toneel.
Die Lioness-ster Frank Rautenbach speel Martin in Summertide.
Monique Rockman en Frank in ’n toneel. Die Lioness-ster Frank Rautenbach speel Martin in Summertide.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa