Huisgenoot

PREGO-ROLLETJIES met STEAK

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / MARINEER: 1 UUR OF OORNAG / STAAN: 35-40 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

Ons gebruik ons tuisgemaak­te piri-pirisous vir die resep. As jy nie reeds dié sous gemaak het nie, gebruik jou ander gunsteling­brandsous.

STEAK

350-450 g lendesteak

4 lourierbla­re

60 ml (¼ k) piri-pirisous (sien resep op bl. 25)

15 ml (1 e) rooiwynasy­n

30 ml (2 e) witwyn (opsioneel)

’n bietjie olie, vir braai sout, na smaak ’n klontjie botter

SMEERSOUS

60 ml (¼ k) mayonnaise

30 ml (2 e) piri-pirisous

’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap ’n skeut suurlemoen­sap

AFRONDING

4 Portugese broodrolle­tjies, oopgesny en gesmeer met botter of margarien ekstra piri-piri-sous, indien verkies

Voer ’n bakplaat met foelie uit.

1 Plaas die steak in ’n marineerba­k. Meng die res van die bestanddel­e, buiten die olie, sout en botter, goed en giet oor die steak. Maak seker die steak is goed met die sous bedek. Laat die steak 1 uur of oornag in die yskas marineer – draai dit af en toe om sodat dit goed marineer. Haal die steak 30 min. voor jy dit wil gaarmaak uit die yskas uit sodat dit kamertempe­ratuur 2

Steak

kan bereik. Voorverhit die oond tot 230 °C. Haal die steak uit die marinade en hou die oorblywend­e sous eenkant. Klad die vleis liggies droog en smeer dit met ’n bietjie olie.

4 Verhit ’n pan tot rookwarm en seël die steak aan albei kante sodat ’n goudbruin kors weerskante vorm. Plaas die steak op die bereide bakplaat en geur goed met sout. Giet die oorblywend­e marinade oor en sit die klontjie botter boop die steak. Rooster 2 min. in die oond, draai die steak om en rooster nog 1-2 min. of tot die steak gaar is soos verkies. Haal die steak van die bakplaat af, giet die pansous wat op die bakplaat agterbly oor en laat rus 5 min. Sny die steak in repies en dompel weer in die pansous.

Meng al die bestanddel­e goed. 3 5 6 7 8

Smeersous Afronding

Skep van die smeersous op elke rolletjie en pak ’n paar repies van die steak bo-op. Rond af met nog piri-piri-sous, indien verkies, en sit dadelik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa