Huisgenoot

HAM-&-KAASRISSOL­ES

-

’n Portugese weergawe van ons Kaapse happieskos halfmoons.

DEEG

375 ml (1½ k) volroommel­k 125 ml (½ k) hoenderaft­reksel

30 ml (2 e) botter 500 ml (2 k) koekmeel

VULSEL LEWER 24 RISSOLES / BEREIDING: 45 MIN. VERKOEL: 45 MIN. / GAARMAAK: 1 UUR

15 ml (1 e) olyfolie ½ ui, gekap 1 knoffelhui­sie, gerasper

5 ml (1 t) gerookte paprika (opsioneel) ’n knippie neutmuskaa­t

150 g ham, in klein blokkies gesny of fyngekap

250 ml (1 k) gerasperde cheddarof goudakaas

’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap varsgemaal­de swartpeper

AFRONDING

’n bietjie meel, vir strooi

2 eiers

30 ml (2 e) melk 250 ml (1 k) broodkrumm­els olie, vir diepbraai

Hou ’n ronde koekiedruk­ker van 10 cm in deursnee byderhand.

1 Plaas die melk, aftreksel en botter in ’n kastrol en verhit tot die mengsel begin prut. Voeg die meel by en roer met ’n houtlepel tot ’n stywe deeg begin vorm. Haal van die hitte af en keer die deeg op ’n 2

Deeg

skoon oppervlak uit. Laat die deeg

1-2 min. afkoel en knie ’n paar minute tot die deeg glad en elasties is. Vorm die deeg in ’n bal en bedek met kleefplast­iek. Laat die deeg minstens 30 min. eenkant rus.

4 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai tot geurig. Skep uit die pan en laat heeltemal afkoel.

Meng die paprika, neutmuskaa­t, ham, kaas en pietersiel­ie by die uiemengsel in. Geur met die peper. 3 5 6 7

Vulsel Afronding

Rol die deeg sowat 5 mm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Druk met die koekiedruk­ker sirkels uit die deeg. Sit ’n deegsirkel in die palm van jou 8 9 hand, skep van die vulsel in die middel en verf die kante liggies met water. Vou die sirkel in die helfte sodat dit soos ’n halfmaan lyk en knyp die rande goed vas. Herhaal met die res van die deeg en die vulsel.

Klits die eiers en melk saam. Dompel die rissoles een-een in die eiermengse­l en rol daarna versigtig in die krummels. Pak in ’n enkellaag op ’n bord en plaas vir minstens 30 min. in die yskas. Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai die rissoles oor matige hitte tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier en sit warm of by kamertempe­ratuur voor.

 ?? ?? * HAM-EN-KAASRISSOL­ES
* HAM-EN-KAASRISSOL­ES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa