Huisgenoot

SARDYNE met OLYF-&-AMANDELSAL­SA

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS HAPPIESKOS / BEREIDING: 15 MIN. STAAN: 35 MIN. / GAARMAAK: 5-10 MIN.

6-8 snye suurdeegbr­ood of ciabatta 30 ml (2 e) olyfolie

PIEKELUIE

1 groot ui, geskil kookwater, soos nodig yswater, soos nodig 125 ml (½ k) witasyn

SALSA

200 g ontpitte groen olywe, gedreineer

100 g gesoute en geroosterd­e amandels, grofgekap ’n hand vol vars pietersiel­ie, grofgekap ’n hand vol vars koljander, grofgekap 1 knoffelhui­sie sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 brandrissi­e, fyngekap (opsioneel) 60 ml (¼ k) olyfolie ’n knippie sout

AFRONDING

2-3 tamaties, in skywe gesny 2 x 120 g-blikke sardyne in olie, gedreineer

Sit die roosterele­ment van die oond aan. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

1 Pak die broodsnye in ’n enkellaag op die voorbereid­e bakplaat. Drup die helfte van die olie oor, draai die broodsnye om en drup die res van die olie oor. Rooster 1-2 min. onder die roosterele­ment of tot goudbruin. Draai die brood om en rooster nog 1-2 min. of tot goudbruin en bros. 2 Piekeluie Sny die ui in ringe, plaas die uieringe in ’n bak en bedek met kookwater. Laat staan 10 min., dreineer en bedek met yswater. Laat staan 10 min., dreineer goed en bedek met die asyn. Laat die uie minstens 15 min. staan.

3 Salsa Kap die olywe rofweg op en meng met die amandels en vars kruie. Rasper die knoffel oor en voeg die res van die bestanddel­e by. Meng goed.

4 Afronding Pak ’n paar skywe tamatie op elke sny brood, gevolg deur ’n paar uieringe. Haal die sardyne versigtig uit die blikkies. Pak ’n paar sardyne boop elke sny brood en skep van die olyfsalsa ruimskoots bo-op. Sit voor.

 ?? ?? * SARDYNE MET OLYF-EN-AMANDELSAL­SA
* SARDYNE MET OLYF-EN-AMANDELSAL­SA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa