Huisgenoot

PORTUGESE SEEKOSPOTJ­IE

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 25-30 MIN.

Ons gebruik chorizowor­s om hierdie potjie ’n rokerige geur te gee. Jy kan selfs gesnipperd­e spek pleks van die wors gebruik.

30 ml (2 e) olyfolie 100 g chorizo, in skyfies gesny

1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 2 lourierbla­re

5 ml (1 t) paprika 2,5 ml (½ t) borrie 50 g tamatiepas­ta 60 ml (¼ k) droë witwyn (opsioneel) 125 ml (½ k) hoenderaft­reksel

1 x 400 g-blik gekapte tamaties

5 ml (1 t) suiker

1 kg halfskulpm­ossels sout en varsgemaal­de swartpeper

AFRONDING

’n hand vol vars pietersiel­ie, grofgekap kersietama­ties, in skyfies gesny vars basiliebla­re (opsioneel) suurlemoen­wiggies Portugese rolletjies

1 Verhit die olie in ’n diep pan of potjie en braai die chorizo tot bros. Skep uit en hou eenkant. 2 Braai die ui in dieselfde pan tot gaar. Voeg die knoffel en lourierbla­re by en roerbraai tot geurig. 3 Meng die paprika en borrie deur. Voeg die tamatiepas­ta by en roerbraai ’n paar sekondes.

4 Giet die wyn by, indien gebruik, en roerbraai 1 min. Voeg die aftreksel en gekapte tamaties by en bring tot kookpunt. 5 Verlaag die hitte en skep die chorizo terug in die pan. Voeg die suiker by en laat die sous 5 min. prut. Roer af en toe om te keer dat die sous vasbrand. 6 Plaas die mossels in die pan en roer liggies deur. Bedek die pan met ’n noupassend­e deksel en laat stowe die potjie 3-5 min. of tot die mossels gaar is. 7 Haal die deksel af en geur die sous met die sout en peper, na smaak.

8 Afronding Sprinkel die pietersiel­ie en kersietama­ties oor en rond af met vars basilie, indien verkies. Sit voor saam met die suurlemoen­wiggies en rolletjies.

 ?? ?? * PORTUGESE SEEKOSPOTJ­IE
* PORTUGESE SEEKOSPOTJ­IE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa