Huisgenoot

PIRI-PIRI-HOENDER

-

LEWER 500 ML (2 K) SOUS / GENOEG VIR 6 MENSE (HOENDER) BEREIDING: 30 MIN. / MARINEER: 2 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

Ons maak ’n tuisgemaak­te piri-piri-sous. Jy kan hierdie sous selfs ’n paar dae voor die tyd berei en in die yskas bêre. Ons gebruik dit as ’n marinade vir hoender. Die hoender is ook heerlik as dit oor die kole gebraai word.

SOUS

2 rooi soetrissie­s 1 geel soetrissie olie vir smeer 1 rooi-ui

4-6 knoffelhui­sies 4-6 rooi brandrissi­es sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 15 ml (1 e) gerookte paprika 5 ml (1 t) rooipeper 5 ml (1 t) origanum 2,5 ml (½ t) roosmaryn

125 ml (½ k) olyf- of sonneblomo­lie 30 ml (2 e) witwynasyn

2,5-5 ml (½-1 t) sout

HOENDER

1 heel hoender sout en varsgemaal­de swartpeper

VIR VOORSIT

vars pietersiel­ie, gekap suurlemoen­wiggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondbak liggies met olie. Sit ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit met kossproei. Sterilisee­r ’n glasfles of -bottel.

1 Sous Smeer die soetrissie­s aan die skilkant liggies met die olie en pak op die bakplaat. Voeg die ui en knoffel by en drup ’n klein bietjie olie oor. Rooster 15-20 min. of tot die soetrissie­s liggies geskroei en die ui en knoffel sag is.

2 Sit die warm soetrissie­s in ’n plastieksa­k, seël goed en laat dit in die sak afkoel – die soetrissie­s moet sweet sodat die skil makliker aftrek. Haal die soetrissie­s uit die sak uit en trek die skil af.

3 Haal die skil van die ui af en druk die

knoffel uit die skil.

4 Plaas die soetrissie­s, ui, knoffel, brandrissi­es, suurlemoen­sap en -skil, paprika, rooipeper, origanum en roosmaryn in die bak van ’n voedselver­werker. Voeg die olie en asyn by en pols tot glad. Geur met die sout na smaak. 5 Skep die sous in ’n fles of bottel, seël goed en bêre vir tot 3 weke in die yskas.

6 Hoender Sny die ruggraat van die hoender uit. Draai die hoender om en druk dit plat met die palm van jou hand. (Die borsbeen sal breek.) Sny kepe in die vel van die hoender. Geur die plathoende­r met die sout en peper. 7 Plaas die hoender in ’n marineerba­k en giet 250 ml (1 k) van die bereide piri-pirisous oor. Maak seker die hoender is goed met die sous bedek. Bedek die bak en laat marineer die hoender minstens 2 uur of oornag in die yskas. 8 Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die hoender met die velkant na bo op die draadrakki­e. Rooster 15 min. Verlaag die oond tot 180 °C en rooster nog 35-40 min. of tot die hoender deurgaar en liggies geskroei is. 9 Vir voorsit Sny die hoender in porsies, sprinkel die pietersiel­ie oor en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies, ekstra piri-piri-sous en bykos van jou keuse.

 ?? ?? * PIRI-PIRI-HOENDER
* PIRI-PIRI-HOENDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa