Huisgenoot

VARKTJOPS met PAPRIKA & SUURLEMOEN

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 1 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 45 MIN.

Die eg Portugese marinade verseker die vleis is lekker sappig en propvol geur. 4-6 varklendet­jops sout en varsgemaal­de swartpeper, na smaak

MARINADE

45 ml (3 e) olyfolie sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen sap van 1 lemmetjie of 15 ml (1 e) rooiwynasy­n 2 lourierbla­re 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r

15 ml (1 e) gerookte paprika 5 ml (1 t) origanum 2,5 ml (½ t) droë tiemie

1 rooi brandrissi­e, gekap, of 5 ml (1 t) brandrissi­evlokkies

TJIPS

6 aartappels, skoongeskr­op sout olie, vir diepbraai

AFRONDING

olyfolie, vir braai vars origanum suurlemoen­wiggies tamatiesla­ai (opsioneel)

1 Sny kepies in die swoerd van die varktjops tot teen die vetkant. Geur aan albei kante met die sout en peper. Pak die tjops in ’n marineerba­k.

2 Marinade Meng al die bestanddel­e goed en giet oor die tjops – maak seker die tjops is goed met die marinade bedek. Bedek die bak en laat ’n uur of selfs oornag in die yskas marineer. Draai die tjops af en toe om terwyl dit marineer om te verseker dat die geur lekker in die vleis intrek.

3 Tjips Sny die aartappels, skil en al, in dik tjips. Bring ’n groot kastrol soutwater tot kookpunt en laat kook die tjips tot net-net gaar – dit moenie pap wees en uitmekaarv­al nie. Dreineer goed en klad die tjips met ’n teedoek droog.

4 Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai die tjips in sarsies oor matige hitte tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier en geur met sout.

5 Afronding Verhit ’n klein bietjie olie in ’n groot pan en braai die tjops in sarsies. Moenie die pan heeltemal vol of die tjops te naby aan mekaar pak nie sodat die tjops goed seël en sappig bly. Braai die tjops tot goudbruin aan albei kante. Verlaag die hitte en braai nog 3-5 min. of tot die tjops gaar is – die braaityd sal afhang van hoe dik die tjops is.

6 Rond die tjops af met die vars origanum en sit voor saam met die tjips, suurlemoen­wiggies en ’n tamatiesla­ai, indien verkies.

 ?? ?? * VARKTJOPS MET PAPRIKA EN SUURLEMOEN
* VARKTJOPS MET PAPRIKA EN SUURLEMOEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa