Huisgenoot

MAKLIKE PASTÉIS DE NATA

-

LEWER 12 TERTJIES / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 35-40 MIN. DEEG

45 ml (3 e) suiker 5 ml (1 t) fyn kaneel 1 x 400 g-rol skilferkor­sdeeg

’n bietjie meel, vir uitrol

30 ml (2 e) botter, gesmelt

VULSEL

310 ml (1¼ k) melk 1 kaneelstok­kie gerasperde skil van 1 suurlemoen (opsioneel)

60 ml (¼ k) meel ’n knippie sout 3 eiergele, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n muffinpan met 12 holtes goed met kossproei.

1 Deeg Meng die suiker en kaneel. Rol die deeg liggies op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Verf met die botter en sprinkel die kaneelsuik­er oor.

2 Rol die deeg op soos ’n rolkoek en knyp die soom vas. Sny die deegrol in 12 wiele. Sit ’n wiel in elke muffinholt­e. Druk elke wiel platter sodat dit die bodem en halfpad teen die kante van elke holte uitvoer. Bêre in die yskas tot nodig.

3 Vulsel Giet 250 ml (1 k) van die melk in ’n klein kastrol, voeg die kaneelstok­kie en skil, indien gebruik, by en verhit tot die melk begin stoom. Haal die kaneelstok­kie uit.

4 Meng die res van

die melk met die meel en voeg by die gegeurde melk in die kastrol. Klits oor lae hitte tot die mengsel begin prut. Roer tot die mengsel begin verdik, laat 2-3 min. prut en voeg die sout by. 5 Verwyder van die hitte en klits vinnig die eiergele by. Verdeel die mengsel tussen die uitgevoerd­e holtes en bak 15-20 min. of tot die deeg bros en gaar is. 6 Verhoog die oondtemper­atuur tot 230 °C en rooster nog 1-2 min. of tot die vulsel liggies geskroei of goudbruin is.

7 Laat die pasteitjie­s 5 min. in die pan afkoel, maak die kante liggies los en keer op ’n draadrakki­e uit. Sit die pasteitjie­s louwarm, by kamertempe­ratuur of koud voor.

 ?? ?? * MAKLIKE PASTÉIS DE NATA
* MAKLIKE PASTÉIS DE NATA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa