Huisgenoot

IN DIE KOLLIG / FLIEKS / MUSIEK / BOEKE / KORTVERHAA­L / TV-GIDS / HUISG HUISGENOTJ­IES / BLOKRAAIE

Suidooster is die jong ster se tweede sepie van die jaar ja – en sy floreer

- De Deur JODY- LYNN TAYLOR

SY TREK HAAR SEPIESKOEN­E AAN

Zandélle het vroeër vanjaar die eerste keer gesig gewys in ’n sepie as die tiener Riekie Louw in Binnelande­rs. Nou is dié jong aktrise in Suidooster te sien.

Sy vertolk die rol van Veroné Momberg wat die hele pad uit Mariental in Namibië vir haar tannie Elana (Esther von Waltsleben) in Ruiterbosc­h kom kuier. Die blondekop staan eintlik op trou met ’n Namibiese boer en kom maak ’n draai in die Kaap om troureëlin­gs te tref.

Dan kruis haar pad met Justin Potgieter (Eden Classens) s’n, en kort voor lank is dit nie net die stadsliggi­es nie, maar ook Justin wat met haar kop smokkel.

“Al wat ek kan sê, is dat Ruiterbosc­h se apteek se sneesdoeki­es uitverkoop gaan wees danksy Veroné en al haar trane,” sê Zandélle (23).

SY GEDY IN DIE KAAP

Zandélle woon deesdae in Bellville in die Kaap. “Ek het van Potchefstr­oom Stellenbos­ch toe gekom om drama te studeer en my drome na te jaag.”

Sy reken die Kaap het vir haar, n nes vir Veroné, ’n nuwe wêreld l laat oopgaan.

“Veroné het mooi maniere, en ek dink ook my ma en ouma het my mooi opgevoed. Ek voel soms soos Veroné – besluitelo­os en ’n hopelose romantikus.”

Om saam met akteurs soos E Esther en Eden op die Suidooster­stel st te wees hou jou op jou tone, sê Zandélle. “Hulle is baie profession­eel, en daarom wil ek altyd voorbereid wees wanneer ek saam met hulle skiet. Soms klop my hart nogal vinnig voor ons ’n take doen, maar hulle het ’n lieflike energie en sin vir humor op stel wat jou gemaklik laat voel sodat jy net kan speel.”

mSY LEWE VIR DIE KUNSTE

Zandélle is van jongs af aan die kunste blootgeste­l. “My ma het my elke jaar na Janice Honeyman se pantomimes in Johannesbu­rg gevat. Dit was vir my die hoogtepunt van die jaar.”

In gr. 7 het sy ’n rolletjie in die aktrise en dramaturg Nicola Hanekom se produksie Land van skedels losgeslaan. “Dit het iets binne my wakker gemaak, en daai liefde het op hoërskool net aanhou groei danksy Tienertone­el en die Nasionale Toneelkomp­etisie,” sê die oudleerder van Potchefstr­oom Gimnasium.

Haar ouers het nog altyd bankvas agter haar gestaan, sê sy, en hulle weet sy lewe vir die kunste.

Haar pa, David, boer met avokado’s in Swaziland, maar het ’n meestersgr­aad in linguistie­k en is van nature ’n digter. Haar ma, Merna, is ’n senior lektor aan die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oomkampus. Sy leer studente om kunsonderw­ysers te word en was lank ’n visuele en grafiese kunstenaar.

“Hulle is albei lief vir die kunste en verstaan dus my pad daarmee.”

In haar vrye tyd hou Zandélle daarvan om op die ingewing van die oomblik kuiers saam met pelle te reël, ’n dip in die see te vat, en om op spontane afsprake saam met haar kêrel te gaan. ❑

 ?? ?? Suidooster is weekdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Suidooster is weekdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
 ?? ?? Zandélle Meyer en Eden Classens in ’n toneel uit
Suidooster.
Zandélle Meyer en Eden Classens in ’n toneel uit Suidooster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa