Huisgenoot

Nuwe treffers

’n Ou liedjie kry nuwe lewe – en word nes destyds ’n kitstreffe­r. En ’n wilde vete word die inspirasie vir ’n rapliedjie

- Deur ELRI BOUCHER

NUWE BAADJIE VIR ’N OU TREFFER

Dis 35 jaar sedert Tracy Chapman se “Fast Car” wêreldwyd geliefd geraak het – en vandag, soveel jaar later, is die liedjie opnuut ’n internasio­nale treffer. Hoe? vra jy.

Wel, dis alles te danke aan die countrysan­ger Luke Combs wat die liedjie afgestof en ’n spesiale weergawe daarvan uitgereik het.

Dié weergawe van “Fast Car” is pas met ’n prys vir enkelsnit van die jaar by die Country Music Awards (CMA) bekroon.

Tracy kon die geleenthei­d nie self bywoon nie, maar het in ’n boodskap gesê: “Dit is werklik so ’n groot eer dat my liedjie nou opnuut erken word 35 jaar sedert sy debuut. Dankie aan die CMA’s, en ’n spesiale dankie aan Luke.”

Luke se countrywee­rgawe van “Fast Car” pronk al weke lank op trefferlys­te reg oor die wêreld. Die snit is teen einde Oktober al meer as 23 miljoen keer op stroomplat­forms geluister.

“Dit is wonderlik om te sien n hoe almal die liedjie oor die afgelope paar maande geluister en geniet het,” sê Luke. “Of dit nou mense is wat die liedjie die eerste keer hoor of dié vir wie die liedjie spesiale herinnerin­ge aan Tracy se tydlose opname terugbring.”

Dit was nog altyd een van sý gunsteling­liedjies. “Al sedert ek vier jaar oud was,” sê hy.

“Ek het dit opgeneem om die e eenvoudige rede dat ek dol is daaraaroor.”

Die sukses van die liedjie het t nie net aan Luke sterstatus besorg nie; ook Tracy het daaruit munt geslaan – sy het reeds sowat $500 000 (sowat R9,1 miljoen) se tantième daaruit verdien.

Luke se volgende mikpunt is om ’n Grammy-musiekprys te wen. “Fast Car” is in die kategorie beste country-solo-optrede benoem – en van oraloor word gegis dat hy ook met dié beeldjie sal wegstap.

Die oorspronkl­ike weergawe van die liedjie is in 1989 vir drie Grammys benoem. Tracy het toe die prys vir die beste vrouepopsa­nger gewen.

 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO: Die countrysan­ger Luke Combs het Tracy Chapman (REGS) se treffer “Fast Car” afgestof en ’n CMAprys vir sy weergawe gewen.
HOOFFOTO: Die countrysan­ger Luke Combs het Tracy Chapman (REGS) se treffer “Fast Car” afgestof en ’n CMAprys vir sy weergawe gewen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa