Huisgenoot

BOOGSKUTTE­R

- Deur PETRA DU PREEZ kan jy jouself om die bos lei omdat Mercurius agteruitbe­weeg. Wees geduldig.

22 NOV – 20 DES

Jy loop waarskynli­k nou oor van selfvertro­ue oor jou idees, veral wat geld betref. As ’n praktiese en versamelen­de Bul is jy altyd daarop uit om te

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

As jy jou gedagtes die afgelope ruk vir jouself moes hou, sal dit nou verander met Mercurius wat die 1ste by jou teken inbeweeg. Deel jou standpunte, gee jou menings en sê vir ander wat jy van hulle dink. Maar probeer diplomatie­s wees, veral in ’n loopbaanko­nteks waar wrywing rondom die 3de tot ’n toename in spanning in jou span kan lei. Lei mense ferm terug na hul rol en taak om die fokus te herstel. GELUKKIGE NOMMERS

3, 34, 39, 50, 35, 7

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Die bekoorlike Venus verwissel van teken en kom sit in jou loopbaanho­roskoop. Jy moet alles uithaal om jou sukses te bevorder deur verhouding­s wat jy met ander het. Jy het selde ’n verskuilde agenda, maar moenie uitgevang word deur ’n slinkse mens wat presies dit wil doen maar voorgee dit was jou idee nie. Eindelik sal die waarheid seëvier wanneer dit ontbloot word. Hou kop bo die water tot die 6de. GELUKKIGE NOMMERS

19, 29, 47, 52, 42, 26

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Jy is vandeeswee­k gretig om uit die huis te kom, met vriende in aanraking te wees en kulturele aktiwiteit­e van flieks en boeke tot teater met ’n buitelands­e flair te geniet. Jy sal dalk nie verstaan hoekom ’n hegte vriend vreemd optree nie, maar oorweeg afguns of jaloesie as rede. Iets wat rondom die 3de kan seermaak het ’n kans om rondom die 6de beter te raak. Dan kyk hoe jy finansieel kan baat vind en belê. Al ontmoet die son, wat nou in jou teken is, die vindingryk­e Mercurius op die tweede in jou teken,

sal jy ook besef wat ’n toegewyde romantikus jy is. GELUKKIGE NOMMERS

8, 13, 33, 36, 16, 12

RAM

21 MRT – 19 APR

Dit is ’n wonderlike week as jy in die openbare oog moet wees om ’n voorleggin­g te lewer of ’n groot of klein gehoor toe te spreek. Mense stel op die oomblik belang in jou idees en wat jy te sê het. Of jou aandag ’n bietjie van jou liefdeslew­e afgedwaal het, of nie, iemand broei oor ’n voorval wat dalk teen die 3de tot ’n konfrontas­ie lei. Dit is beter vir alles om uit te kom. Wees vergewensg­esind. GELUKKIGE NOMMERS

7, 13, 43, 47, 23, 8

BUL

20 APR – 20 MEI

Jy en jou lewensmaat is dalk rondom die 3de haaks en dit kan tot ’n voorval lei waar die kat uit die sak gelaat word. Probeer beleefd bly, want alle verhouding­s gaan deur krisistye, gevolg deur groei en hernuwing. Wanneer jou heersende planeet, Venus, op die 4de in jou horoskoop tot ruste kom, sal alles vergete wees. Jy sal ’n nuwe, standvasti­ge fase ingaan waar verbinteni­s nie meer so skrikwekke­nd is nie. GELUKKIGE NOMMERS 18, 29, 37, 50, 33, 27

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jy verkies gewoonlik die ligte en ligsinnige dinge in die lewe en het waarskynli­k ’n afkeer in mense en situasies wat te swaar of diep raak. Dinge kon nie vandeeswee­k vir jou meer verskil nie. En met ’n planetêre invloed deur die geheimsinn­ige Skerpioen is jy op die punt

GELUKKIGE NOMMERS 2, 18, 35, 37, 26, 5

om agter die kap van die byl te kom. Dit kan ’n positiewe uitwerking op jou loopbaan hê wanneer ander mense besef daar steek meer in jou. GELUKKIGE NOMMERS

1, 16, 27, 43, 20, 3

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jou huis- en gesinslewe is altyd jou fokus en hoofpriori­teit. Maar vandeeswee­k sal jy buite die beskermend­e skild moet beweeg en jou hand aan iets kreatiefs moet waag wat nie met huishoudel­ike saligheid te doen het nie. Jou lewensmaat is waarskynli­k die dryfkrag daaragter. Daar is vasbeslote­nheid dat jy moet uitkom en jou sluimerend­e talente ontwikkel. Dit is ’n kans om jou vaardighed­e uit te brei. GELUKKIGE NOMMERS 32, 40, 48, 49, 46, 34

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Jy vind dalk op die harde manier uit woorde kan seermaak en skade veroorsaak, al word dit spottender­wys gesê. Wees dus uiters bewus daarvan hoe maklik die mense om jou mekaar kan seermaak. Jy moet dalk juis ’n moeilike gesprek met ’n kollega oor hierdie onderwerp voer. Staal jou vir ’n uitdaging. Dit is ’n gunstige tyd om meer gehaltetyd saam met jou geliefdes en familie deur te bring, hetsy by die huis of op vakansie. Laat die begroting klop. GELUKKIGE NOMMERS

9, 19, 31, 43, 30, 14

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Verwag rondom die 3de die een of ander rusie met ’n mens wat met geld, bates en dies meer te doen het. Jy kan

nie daarvan beskuldig word dat jy met jou rekordhoud­ing slapgelê het nie, want as ’n punteneuri­ge Maagd is dit vir jou tweede natuur. Wanneer dit eers uitgeklaar en afgehandel is, is dit tyd vir pret en genotvolle ervarings. Dalk kan jy ’n nuwe kreatiewe stokperdji­e verken. Vir eers sit jy en jou lewensmaat langs dieselfde vuur. GELUKKIGE NOMMERS 25, 34, 43, 52, 39, 29

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy het duidelik die afgelope paar weke geniet dat jou heersende planeet, Venus, deur jou teken beweeg het. Dit het jou in die middelpunt van die meeste sake geplaas, veral die liefde. Venus verander op die 4de van teken en kom in die diep en stomende Skerpioen tot ruste, ver weg van die ligte en ligsinnige Weegskaal. Dit is die ideale tyd om in te spring as jy iets verborge, geheimsinn­ig of misterieus moet uitpluis. Geniet dit om speurder te speel. GELUKKIGE NOMMERS

3, 13, 25, 34, 22, 12

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Iets kan rondom die 3de onthul word wat voorheen verborge of verbode was. Dit kan jou erg skok. Jy is nie iemand wat van konfrontas­ie of die waarheid wegskram nie. Gaan met die stroom saam in die wete dat jy dit kan hanteer. Wanneer die liefdesdiv­a, Venus, op die 4de by jou teken inbeweeg, sal jy bly wees jy het dit op jou tipies genadelose en reguit manier hanteer. Jou liefde word dieper en sterker. GELUKKIGE NOMMERS 44, 22, 6, 3, 11, 26

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa