Huisgenoot

Die veiligheid van haainette

-

Haainette word al jare lank gebruik om te keer dat haaie tot by die strand kan kom waar mense wil swem. Maar dit keer haaie nie om te probéér nie, en dan raak hulle verstrenge­l in die nette.

Wanneer hulle ophou beweeg, kan water nie deur hul kiewe vloei nie. Hulle het daardie bewegende water nodig om suurstof op te neem. Dis ’n doodsvonni­s, want daarsonder versmoor hulle.

Nou het ’n mariene bioloog van Stellenbos­ch met ’n alternatie­f vir dié nette vorendag gekom. Dr. Sara Andreotti het onlangs haar “SharkSafe Barrier” by ’n privaat eiland in die Bahamas geïnstalle­er.

HOE WERK DIE OU HAAINETTE?

Dis die eerste keer in 1937 in Australië gebruik. ’n Haai wat daardeur probeer swem, word aan die kiewe vasgehaak. Hoe meer die haai spartel, hoe meer raak hy verstrenge­l. Ander seediere kan ook deur haainette gevang word. Veral seeskilpaa­ie en dolfyne loop deur. Dis boonop nie eens 100% veilig vir mense nie omdat daar steeds gapings is waar haaie kan deurglip as hulle gelukkig is.

HOE WERK DIE NUWES?

Die SharkSafe Barrier word aan die seebodem geanker. Daar word dan magnete op verskillen­de hoogtes onder water geplaas. Sekere haaie is sensitief vir magnetiese velde. In

plaas van om die haaie te lok soos wat die nette gedoen het, jaag die magnetiese veld hulle weg.

“Ons het nou die tegnologie om die regmatige bewoners van die oseane toe te laat om te oorleef en te floreer, en vir seeliefheb­bers om hul tyd in die water veilig te geniet,” sê Sara. Dit is ’n wensituasi­e vir almal, voeg sy by.

Dit maak ook die voorkoms van

’n seewierwou­d na. Seediere soos seerobbe gebruik seewier om weg te kruip van roofdiere. Met die voorkoms van ’n seewierwou­d kan die seediere die pype in die water gebruik om weg te kruip.

Die tegnologie kan tot 20 jaar in die water wees voor dit nodig is om dit te vervang. Dit word deur ’n maatskappy in die Kaapse voorstad Maitland vervaardig.

 ?? ?? As ’h ’n haai in ’h ’n haainet vasgevang word, is dit ’n doodsvonni­s vir die dier.
Die SharkSafe Barrier word aan die seebodem geanker en werk met magnete.
As ’h ’n haai in ’h ’n haainet vasgevang word, is dit ’n doodsvonni­s vir die dier. Die SharkSafe Barrier word aan die seebodem geanker en werk met magnete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa