Huisgenoot

DÍS COOL WISH

- BRON: THE WALT DISNEY COMPANY

ONS WENS VIR ’ N OULIKE ANIMASIE WORD WAAR!

WELKOM IN ROSAS

Jy onthou hoe goed Frozen was en hoe mal die wêreld oor Moana was? Wel, maak jou reg vir ’n nuwe animasiefl­iek wat gemaak word deur die vervaar-digers van Frozen en die maatskappy wat Moana gemaak het.

Wish is die jongste Disneyflie­k wat ons oor en oor sal wil kyk. In dié musiekkome­die gaan ons op ’n magiese reis na Rosas, ’n fantasties­e land langs die Iberiese skiereilan­d, waar koning Magnifico, wat glad nie ’n gebrek aan selfvertro­ue het nie, baie magtig is.

“Ons heldin, Asha, woon in Rosas, bekend as die koninkryk van wense,” sê die regisseur Chris Buck. “Mense kom van oral om hul wense te gee aan ’n magiese koning wat belowe om hul diepste begeertes eendag te laat waar word. Net hy kan besluit watter wense sal waar word en wanneer. Maar hulle hoef oor niks bekommerd te wees nie; hy sal daardie wense toestaan.”

DIE NUWE HELD

Asha is ’n vlymskerp klein idealis li l wat uitvind dat die koning die d meeste van die wense nie laat la waar word nie. “Sy ontdek dat d wense wat te groot of ambisieus is of ’n bedreiging vir Magnifico inhou nie toegestaan word nie,” sê die ander regisseur, Fawn Veerasunth­orn. “Daar is dus baie mense in Rosas wie se drome nooit sal waar word nie, en die hartseerst­e deel is dat hulle nie eens weet wat hulle misloop nie.

“En toe Asha dié bitter waarheid oor Magnifico uitvind, kan sy nie net rondsit en niks daaraan doen nie.”

Asha maak ’n wens wat so kragtig is dat ’n ster daarop ’n antwoord gee. Ons ontmoet ’n kalant, Star, wat geen tekort aan energie het nie. Star help Asha om haar gemeenskap te red, en die res sal jy self moet sien.

100 JAAR SE WENSE

Dis nie sommer enige animasiefl­iek dié nie. Die fliek gaan gepaard met Disney se 100ste verjaardag­vieringe.

“Met hierdie fliek vier ons 100 jaar van stories vertel,” sê Jennifer Lee, die draaiboeks­krywer.

Wense en wensdenker­y het nog altyd ’n groot rol in Disney-flieks gespeel. Of dit nou Geppetto is wat opkyk na die sterre en wens sy houtpop, Pinocchio, was ’n regte seun, of The Princess and the Frog se Tiana wat daarvan droom om haar eie restaurant te besit, of Moana wat by die sterre hulp vra om haar eiland te red. “Wish wys hoe groter die droom, hoe harder moet jy daarvoor veg. Hopelik inspireer

die fliek kykers om te volhard,” sê Jennifer. Jennifer

DIE FLIEK SE TIENERS

In die fliek is daar ook ’n tikkie van die ikoniese Sneeuwitji­e-verhaal. Daar is ’n groep, The Teens, wat Asha se vertroueli­nge, beskermers en ewige vriende is. Hulle is deur die Sewe Dwergies geïnspiree­r, sê een van die skrywers, Allison Moore.

“Elke ‘Teen’ is geïnspiree­r deur een van die dwergies – hulle het dieselfde kostuumkle­ure as hul onderskeie dwergies, met wie hulle ’n prettige persoonlik­heidseiens­kap of twee deel. Hul name begin selfs met dieselfde letter.” Die sewe tieners in Wish is Dahlia, Asha se liefste vriendin; Gabo, wat ’n oog op alles hou, en Hal, Simon, Safi, Dario en Bazeema.

 ?? ??
 ?? ?? Wish is van 24 November af in fliekteate­rs.
Wish is van 24 November af in fliekteate­rs.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa