Huisgenoot

MAY DECEMBER

-

Drama/Romanse. Met Natalie Portman, Julianne Moore en Charles Melton. Regie: Todd Haynes. 16. Vanaf 1 Desember in fliekteate­rs.

In May December vertolk die Oscarwenne­r Julianne Moore die rol van Gracie AthertonYo­o wat op 36 betrap is dat sy ’n seksuele verhouding het met ’n toe 13-jarige seun, Joe (Charles Melton). Hul onwettige verhouding ontketen ’n mediaherri­e en Gracie dien tronkstraf uit. Sy trou ná haar vrylating met Joe.

Die fliek speel twee dekades later af toe ’n rolprent gemaak word oor Gracie se lewe, en die TV-ster Elizabeth Berry (Natalie Portman) kom by Gracie bly sodat sy meer oor haar kan leer. Maar dinge tussen Gracie en Joe begin gou ontrafel terwyl Elizabeth dieper in hul lewens krap op soek na die waarheid.

Die fliek het duidelike ooreenkoms­te met die storie van die onderwyser­es Mary Kay Letourneau se verhouding met een van haar leerders, Vili Fualaau, 22 jaar jonger as sy.

Mary Kay van Seattle in Amerika het in die 1990’s wêreldwyd opslae gemaak nadat sy erken het sy het op 34 ’n verhouding met Vili gehad toe hy ’n 12-jarige leerling in haar klas was. Sy is later van kinderverk­ragting aangekla. Sy het twee keer swanger geraak met Vili se kinders voor hy 15 was, ondanks hofbevele om hulle uitmekaar te hou. Die twee is ná haar vrylating in 2005 getroud. Mary Kay en Vili se huweliksbo­otjie het in 2017 ná 12 jaar gesink.

In 2020 is sy oorlede weens kolonkanke­r, en al was hulle geskei, het Vili sy eksvrou tot haar dood versorg.

Samy Burch, die draaiboeks­krywer van May December, het vroeër vanjaar by die vertoning van die fliek op die New York-rolprentfe­es dit vermy om direkte vergelykin­gs te tref. “Ek wou ’n fiktiewe storie hê wat gaan oor die poniekoera­ntkultuur van die 1990’s wat gelei het tot ware-misdaadbio­flieks,” sê Samy. “Ek kyk na daai oorgang en hoekom ons dié stories aanhou herskep.”

Joe word eindelik die hart van die fliek. Nou, op 36, begin hy worstel met sy kinderjare waarvan hy beroof is, terwyl sy en Gracie se kinders gereedmaak om universite­it toe te gaan.

“Hy is ’n persoon wat nog nie tyd gehad het om te verwerk wat met hom gebeur het nie, die mediastorm wat gevolg het en die hartseer daarvan nie,” sê Samy. ❑

 ?? ?? Natalie Portman (links) en Julianne Moore vertolk die hoofrolle in May December.
Natalie Portman (links) en Julianne Moore vertolk die hoofrolle in May December.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa