Huisgenoot

TIRAMISU met WITSJOKOLA­DE, ROOMYS en KOFFIE

ICE-CREAM, AND COFFEE GENOEG SOAK VIR 12 / BEREIDING: 9 UUR 30 MIN. (SLUIT 9 UUR AFKOELTYD IN)

- 395 ml kondensmel­k 2,5 ml (½ t) seesout KOFFIE VIR WEEK 300 ml water 390 g strooisuik­er 30 g kakaopoeie­r 90 ml espressoko­ffie 120 ml sjerrie of port (opsioneel) VIR AFRONDING 200 g sponsvinge­rkoekies kakaopoeie­r, vir oorsif

WITSJOKOLA­DEROOMYS

500 ml kloproom 50 g mascarpone­kaas

5 ml (1 t) vanieljepa­sta

150 g witsjokola­de van goeie gehalte

1 Roomys Plaas 150 ml van die room saam met die mascarpone­kaas en vanielje in ’n kastrol en bring tot kookpunt oor matige hitte. 2 Plaas die sjokolade in ’n glasbak. Gooi die warm roommengse­l oor die sjokolade en meng deur tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad is.

3 Voeg die res van die room by en meng goed deur. 4 Plaas kleefplast­iek direk op die oppervlak van die mengsel en plaas minstens 5 uur in die yskas. 5 Voeg die kondensmel­k en sout by die verkoelde witsjokola­demengsel en klits tot sagte punte vorm. Moenie dat die mengsel eers ’n ruk buite die yskas staan nie omdat dit die koue benodig om te keer dat die mengsel verdeel. 6 Plaas ’n uur in die

vrieskas terwyl jy die koffiesous maak. 7 Koffiesous Plaas die water en suiker in ’n kastrol en bring tot kookpunt oor hoë hitte. 8 Verwyder van die hitte sodra die suiker heeltemal opgelos het. Voeg by die kakao, koffie en sjerrie of port, indien gebruik, en meng. Laat staan eenkant om af te koel tot kamertempe­ratuur. 9 Vir afronding

Doop die helfte van die vingerkoek­ies in die koffiemeng­sel tot hulle goed deurdrenk is. 10 Pak die koekies in ’n vierkantig­e bak van 23 x 23 cm. 11 Skep die helfte van die roomysmeng­sel oor die koekies en versprei die mengsel eweredig. 12 Herhaal die proses met die res van die koekies en die roomysmeng­sel. 13 Sif die bokant ruim met die kakaopoeie­r en plaas minstens 4 uur in die vrieskas.

14 Jy kan die tiramisu tot 4 weke in die vrieskas hou. Haal dit 30 min. voor jy dit wil voorsit uit die vrieskas en plaas dit in die yskas om effens sag te word.

 ?? ?? * TIRAMISU MET WITSJOKOLA­DE, ROOMYS EN KOFFIE
* TIRAMISU MET WITSJOKOLA­DE, ROOMYS EN KOFFIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa