Huisgenoot

KARAMELSKY­WE met SJOKOLADE-GANACHE

GENOEG VIR 18 SKYWE / BEREIDING EN BAK: 90 MIN.

-

KOEKIEBASI­S

125 g ongesoute botter, gesmelt 200 g ligte bruinsuike­r

120 g koekmeel 50 g fyn klapper ’n knippie fyn kaneel

50 g melksjokol­ade van goeie gehalte, grofgekap

KARAMELVUL­SEL

80 g ongesoute botter, in blokkies gesny

80 g ligte bruinsuike­r

5 ml (1 t) vanieljeek­strak

395 ml kondensmel­k

90 g donkersjok­olade van goeie gehalte

GANACHE-BOLAAG 250 g melksjokol­ade van goeie gehalte

100 ml kloproom 5 ml (1 t) vanieljeek­strak

30 g vloeibare glukose

’n knippie seesout

Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n bakplaat van 27,5 x 17,5 cm en 3,5 cm diep met botter en voer die bodem en die kante met bakpapier uit.

1 Basis Plaas die gesmelte botter en bruinsuike­r in ’n bak en meng goed met ’n houtlepel. Voeg die meel, klapper en kaneel by en meng goed. 2 Voeg die melksjokol­ade by en meng goed deur. 3 Versprei die mengsel eweredig op die bodem van die bakplaat en druk dit stewig vas. Bak 15 min. Haal uit die oond en laat eenkant afkoel. 4 Verminder die oond se temperatuu­r tot 140 °C.

5 Karamelvul­sel

Plaas die botter, bruinsuike­r en vanielje in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die botter gesmelt en die suiker heeltemal opgelos het. 6 Verlaag die hitte, voeg die kondensmel­k by en roer aanhoudend tot die mengsel liggies begin prut. Hou aan roer en laat kook nog 3 min. of tot die mengsel effens begin verdik. 7 Verwyder van die hitte, voeg die donkersjok­olade by en roer tot die sjokolade gesmelt en goed by die karamel ingemeng is. 8 Giet die karamelvul­sel oor die kors en versprei dit mooi eweredig. Bak sowat 25 min. 9 Haal uit die oond en laat staan eenkant tot die karamel heeltemal koud is.

10 Ganache Plaas die sjokolade in ’n glasbak. 11 Plaas die room, vanielje, glukose en sout in ’n kastrol en bring tot kookpunt oor matige hitte. Giet die mengsel oor die sjokolade en meng tot die sjokolade heeltemal gesmelt het en goed ingemeng is.

12 Giet die ganache oor die afgekoelde karamellaa­g en versprei dit eweredig. (Jy kan die ganache uitlos as jy die skywe minder ryk wil maak.)

13 Plaas minstens 30 min. in die yskas om hard te word.

14 Verwyder die karamelsky­we uit die pan en sny dit in 18 reghoeke van sowat 9 x 2,8 cm.

15 Jy kan die skywe tot 2 weke by kamertempe­ratuur in ’n lugdigte houer bêre.

 ?? ?? * KARAMELSKY­WE MET SJOKOLADEG­ANACHE
* KARAMELSKY­WE MET SJOKOLADEG­ANACHE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa